Korrektiewe dienste: gedragsertifikate nie meer nodig vir onderhoude
Die Namibiese Korrektiewe Dienste (NCS) sê voornemende aansoekers vir 200 poste hoef nie meer hul gedragsertifikate saam te bring vir onderhoude nie. In ʼn vrystelling laat gister het die NCS gesê die gedragsertifikate sal egter van suksesvolle kandidate vereis word voor hulle met basiese opleiding begin. Dit volg op ’n stormloop deur van die sowat 16 000 kandidate wat vir die poste op ’n kortlys geplaas is en vandeesweek oraloor in die land vir evalueringstoetse by polisiekantore moet aanmeld. Moontlike kandidate vir die blaasorkes, meld by die Patrick Iyambo Polisiekollege aan, terwyl atlete aantree by die Onafhanklikheidstadion.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie