Korrektiewe Dienste se werwingsproses is ‘regverdig’
Strawwe mededinging om 200 poste
Die kommissaris-generaal van korrektiewe dienste sê die uitslae van die fisieke toetse is "toevallig".
Die hoof van die Namibiese Korrektiewe Dienste (NCS), komm.genl. Raphael Hamunyela, het in ’n mediaverklaring verlede week die versekering gegee dat die NCS se voortdurende werwingsproses getrou sal bly aan die leerstelling van “een Namibië, een nasie”.
“’n Kwotastelsel is in plek en al 14 streke of etniese groepe in Namibië sal regverdig verteenwoordig word aan die einde van die werwingsproses, soos gewoonlik,” sê hy.
Vanaf 18 Januarie is die NCS besig met die reuse-taak om 33 259 aansoeke om 200 beskikbare poste te verminder na ’n kortlys van 15 867 kandidate. Die betrokke riglyne met betrekking tot die werwing van personeellede stipuleer dat alle kwalifiserende kandidate om die poste sal kan meeding deur fisieke en geskrewe toetse en ’n mondelingse onderhoudproses te voltooi.
Op 23 Januarie, nadat die afdeling wat fisieke toetse behels, suksesvol afgehandel is, het al korrektiewe instellings die name van die suksesvolle kandidate by hulle persele opgeplak. Hierdie kandidate is almal telefonies ingelig dat hulle op 25 Januarie by die naaste korrektiewe gerief moet aanmeld, sê Hamuyela. Hy het voorheen bevestig dat altesaam 745 kandidate landwyd deurgedring het na die volgende rondte. “Die lys van 260 name vir die Khomasstreek is ook op by die nasionale hoofkantore en wyd op sosiale media versprei,” voeg hy by.
Hy het kennis geneem van politici en tradisionele leiers se kommer oor beweerde etniese uitsluiting op die Khomasstreek se kortlys. In die verklaring brei hy uit oor die uitmergelende fisieke toetse waaraan die kandidate onderwerp is, soos die vereiste vir mans onder die ouderdom van 26 om 2,4 kilometer binne agt minute te hardloop. “Dit is bloot per toeval dat die meerderheid van die suksesvolle kandidate in die Khomasstreek van dieselfde etniese groep is,” sê hy.
Die hoof van die NCS sê ’n komitee van hooggeplaaste beamptes het noukeurig deur die lys van kandidate - wat op 25 Januarie geskrewe toetse afgelê en op 26 Januarie onderhoude gedoen het - gewerk om vas te stel of hulle aan alle vereistes voldoen. “Die name van kandidate wat foutief of onregmatig by die lys gevoeg is, sal verwyder word. Soortgelyk sal enige naam wat op die lys moes wees en uitgelaat was, bygevoeg word. Daar sal teen enige korrektiewe beampte wat by enige korrupte aktiwiteite betrokke was, opgetree word,” sê hy.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie