No Image Caption

Man steek glo broer se sinkhuis aan die brand

Kenya Kambowe
Die polisie in die Oshikotostreek ondersoek ’n geval van brandstigting nadat ’n 27-jarige man na bewering ’n sinkhuis in die Akoonde-nedersetting aan die brand gesteek het waarin sy ouer broer se besittings ter waarde van N$15 000 was.

Volgens die polisie was die broers voor die voorval in ’n argument by ’n plaaslike cuca-winkel betrokke.

"Die verdagte was na bewering by die cuca-winkels in die Akoonda-nedersettings en het begin om almal beledigings toe te snou. Sy ouer broer het ingegryp en hom gemaan om daarmee op te hou.

"Die verdagte het egter aggressief geraak en vir sy broer gesê hy sal hom glo ’n les leer wat hy in sy hele lewe nooit sal vergeet nie," lui die polisieverslag.

Hy het gevolglik na die huis gegaan wat die broers deel, sy besittings verwyder en die kamer aan die brand gesteek wat tot as verbrand het.

Van die items wat in die brand vernietig is, sluit die broer van die verdagte se nasionale identiteitsdokument, twee metaalbeddens, komberse en klere in.

Die polisie se ondersoek duur voort.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-03-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer