misdaad
misdaad

Man sterf ná vurkhyser op hom val

Die 34-jarige Johannes Tjamba Nginga is vanoggend dood, nadat 'n vurkhyser op hom geval het. Volgens die Namibiese polisie in die Erongostreek het die voorval omstreeks 10:55 by 'n pakhuis by Rennie's plaasgevind. Na bewering het Nginga die vurkhyser bestuur, toe dit teen 'n hoop steenkool opbeweeg het. Die vurkhyser het begin kantel, met Nginga wat afgespring en die vurkhyser wat op hom beland het. Hy is op die toneel dood. Nginga was werksaam as vurkhyserbestuurder by Rental Support Services in Walvisbaai.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer