No Image Caption

Middelvinger glo oorsaak van burgemeester se arres

Dani Booysen
Volgens die polisie is Windhoek se burgemeester, me. Sade Gawanas, vanmiddag weer vrygelaat nadat sy aanvanklik in Okahandjapark gearresteer is.

Die vrylatingsopdrag is volgens adj.komm. Kauna Shikwambi deur die bevelvoerder van die Wanaheda-polisiestasie gegee.

Volgens die mag se woordvoerder was twee lede van die polisie se misdaadvoorkomingseenheid, ‘n reservis en ‘n lid van die mans- en vrouenetwerk, in Paulus Owoseb-straat besig met ‘n patrollie toe hulle ‘n vrou en twee mans in die pad sien staan het.

Die bestuurder van die patrollievoertuig het die hoeter gedruk, maar die persone het nie uit die straat beweeg nie.

Die bestuurder het eers verbygery, maar toe gesien een van die drie wys ‘n middelvinger.

Hy het toe in trurat teruggestoot om ‘n vraag hieroor te stel, waarop ‘n argument ontstaan het. Dit het op die inhegtenisneming van Gawanas uitgeloop, wat volgens indrukke die vrou in die geselskap van drie was.

Shikwambi sê die motorbestuurder van die burgemeester het die stasiebevelvoerder ingelig, wat toe die vrylatingsbevel gegee het terwyl die beamptes nog op die toneel was.

Gawanas het daarna klagte van crimen injuria, onwettige inhegtenisname en aanranding by die stasie in Wanaheda gaan lê.

“’n Ondersoek sal volg,” sê Shikwambi in die nuusvrystelling.

“Brutaliteit en geweld deur polisiebeamptes word nie goedgekeur nie en daarom behoort enige persoon wat ontevrede is met die gedrag van ‘n polisiebeampte ‘n saak by die naaste polisiestasie te open,” lui die verklaring, “en so ‘n saak sal verwys word na die Direktoraat vir Interne Ondersoeke of [betrokke] eenheid vir verdere ondersoek.

“Ons verwagting is dat kwessies wat verband hou met misdaadvoorkoming minsaam besleg moet word, sonder geweld, selfs wanneer daar gehandel word met oproerige mense en mense wat nie wil saamwerk nie, ook persone wat onder die invloed is, wat sonder uitlokking polisiebeamptes aan diens beledig en selfs aanrand.

“Kom ons werk as wetsgehoorsame burgers saam en respekteer mekaar,” lui die slot.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!