Misdaad aan die toeneem
Meer as 110 000 voorvalle aangemeld
Die hoogste misdaadsyfer is in die Khomasstreek met 32,5% van alle aangemelde voorvalle in die land.
Misdaad in die land bly ’n ernstige bron van kommer met die Namibiese polisie wat 110 551 voorvalle tydens die 2023-’24-finansiële jaar aangeteken het.
Volgens die hoof van die polisie, inspekteur-generaal Joseph Shikongo, sluit die sake roof, verkragting en geweld teen vroue en kinders, moord, die handel in dwelms, sowel as huisbraak en diefstal in.
Shikongo het tydens die amptelike opening van ’n konferensie vir senior bevelvoerders op Ongwediva gesê die hoogste misdaadsyfer is in Khomas met 32,5% van alle aangemelde voorvalle, gevolg deur Oshana, Otjozondjupa en Erongo met onderskeidelik 11,3%, 8,3% en 8%. Kavango-Wes, Kunene en Omaheke is die minste geraak met onderskeidelik 1,5%, 3% en 3% van die totale aantal voorvalle.
Hoewel verskeie faktore bydra tot misdaad in elke streek, sê Shikongo die konferensie vind vanjaar op die regte tyd plaas en wanneer “ons ons strategieë moet hersien om misdaad te bekamp”.
Hy het ’n beroep op beamptes gedoen om beter dienste te lewer en gesê sy kantoor ontvang gereeld klagtes dat polisiebeamptes hulle aan swak dienslewering skuldig maak. Laasgenoemde is veral die geval by sommige aanklagkantore en ondersoekeenhede.
“Sommige van die lede is geneig om selfaangestelde base te wees wat geen respek, hoflikheid, vriendelikheid of deernis aan ons kliënte toon aan wie hulle polisiedienste moet lewer nie.
“Ons moet dus strategieë ontwerp om hierdie tipe onverantwoordelike gedrag te takel,” het Shikongo gesê.
REALISTIESE STRATEGIEë
Die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, Albert Kawana, het op sy beurt gesê die konferensie vind plaas in die jaar van nasionale verkiesings en wanneer besluite geneem word oor die toekomstige rigting van die mag.
Volgens Kawana moet realistiese strategieë wat vir die polisiemag ontwikkel word nie beperk word tot operasionele en administratiewe funksies nie, maar moet ook fokus op onder meer die toepaslikheid van sekere beleide insluitend die polisiewet, sowel as ander wette wat die polisie moet afdwing.
Hy het Shikongo die versekering gegee dat sy kantoor gereed is om in te gryp sou daar ’n behoefte ontstaan om enige bestaande wetgewing te wysig wat nie meer van toepassing in ’n moderne polisiemag is nie.
UITDAGINGS
Die minister het ook gesê hy is bewus van uitdagings wat die polisie ervaar, wat ’n gebrek aan vervoer as gevolg van ’n verouderde vloot en beperkte geleenthede vir bevordering weens die gaping tussen inspekteur en hoofinspekteur insluit, sowel as die gebrek aan akkommodasie, rantsoene en uniforms vir lede.
“Met die bykomende finansiële hulpbronne wat toegelaat word, kon ons bykomende voertuie aankoop om die gaping te verklein.
“Ons kon ook meer as 7 000 polisiebeamptes bevorder, die grootste bevordering in die geskiedenis van die mag. Ons kon ook bietjie meer as 1 000 polisiebeamptes oplei," het Kawana gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie