Nampol bevorder vier gesoute lede
Die Namibiese polisie (Nampol) het onlangs bevorderings aangekondig ná die aftrede van vier van sy lede.
Die vier kandidate wat bevorder is, het gesamentlik 80 jaar se ondervinding in die polisiediens.
*Komm. Naftal Lungameni Sakaria sal op 1 Augustus vanjaar die leisels by komm. Rauha Amwele as die Namibiese polisie se streekbevelvoerder in die Oshanastreek oorneem. Amwele tree ná 32 jaar se diens af. Sakaria het 26 jaar se ervaring in die polisie.
In sy loopbaan het hy ook internasionale diens verrig, soos onder meer by die Verenigde Nasies se vredesmissies in Oos-Timor (2008-’09), Lesotho (2014) en Suid-Soedan (2016-’18) en weer vanaf 2019-’20. Hy is ’n opgeleide gyselaaronderhandelaar, ’n skipper en ’n skubaduiker, en het sy kwalifikasie in strafreg en sy honneursgraad in polisiepraktyk verwerf.
*Ná 32 jaar se toegewyde diens, tree komm. Armas Shivute af.
Komm. Teopoline Kalompo-Nashikuku sal sy pos as bevelvoerder in die Oshikotostreek oorneem.
Sy het meer as 25 jaar se ondervinding, insluitend haar bydrae tot die spesiale taakmag. Sy het later as administratiewe hoof in die spesiale taakmag gedien
*Komm. Julia Sakuwa-Neo beklee vanaf 1 Julie die pos as polisiebevelvoerder in die Kavango-Oosstreek. Sy neem die pos by komm. Josephat Abel oor. Abel het 31 jaar in die mag gedien. Sakuwa-Neo is in 2016 tot die rang van adjunkkommissaris bevorder
toe sy as administratiewe hoof van die polisie in die ||Kharasstreek aangestel is. Sy is in 2017 na die Zambezistreek verplaas en in 2019 na die Oshikotostreek.
*Nampol erken komm. Lavinia Kalaula Shaxula as ’n “veteraan van die bevrydingstryd”. Sy is bevorder tot die hoofpersoneelbeampte in die inspekteur-generaal se kantoor. Sy was voor haar bevordering administratiewe hoof in die Kunene-streekkantoor. Shaxula neem die leisels by komm. John Alweendo oor Alweendo tree ná 31 jaar se diens af.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie