Nege padongelukke op Kersdag
Geen lewens is geëis in die nege padongelukke wat vanjaar op Kersdag oraloor die land aangeteken is nie. Die grootste aantal beserings is in die vroeë oggendure van Kersdag aangemeld toe die bestuurder van 'n Iveco-minibus omstreeks 02:20 op die pad tussen Otavi en Otjiwarongo in die sleepwa van 'n stilstaande vragmotor vasgery het. Die beseerdes is na die staatshospitaal op Otjiwarongo vervoer en die polisie ondersoek 'n saak van roekelose en nalatige bestuur.
Volgens 'n verslag van die Padongelukkefonds (MVA) het tien mense op die land se paaie vanaf 22 tot 29 Desember gesterf. Altesaam 73 ernstige motorongelukke is oor die feestyd aangemeld waarin 173 mense beseer is. Op die eerste Sondag van die vakansieseisoen is 14 ongelukke reeds aangemeld wat die lewens van vier mense geëis het. Twee van die sterftes was voetgangers in onderskeidelik Otjozondjupa- en Oshikoto-streke. Sterftes is ook in twee botsings in Hardap en Khomas aangeteken. Die Maandag is 11 ongelukke aangemeld waarin 26 mense beseer is. Op 24 Desember is drie mense op die land se paaie dood waarvan twee voetgangers was wat in onderskeidelik Omusati en Ohangwena gesterf het. Die tienjarige Stephanie Kokule Nikanor is op Oukersdag omstreeks 18:00 by Omagalanga dood toe sy die pad tussen Okalongo en Oshikuku wou oorsteek en deur 'n bakkie gestamp is. Die 77-jarige Kristofina Haiduwata is opslag dood, nadat sy omstreeks 20:30 op die B10-hoofweg tussen Eenhana en Onhuno deur ‘n sedanvoertuig getref is. Teen Vrydag is daar nog na die bestuurders van die betrokke voertuie gesoek.
Drie van die ses insittendes van 'n voertuig is op dieselfde dag beseer toe die bestuurder by Omutsegonime tussen Oshivelo en Omuthiya beheer verloor en die voertuig verskeie kere gerol het. Volgens die MVA is 12 ongelukke landswyd op 26 Desember aangeteken waarin een persoon dood en 18 beseer is. 27 Desember het twee sterftes aangeteken waaronder die van 'n voetganger in Ohangwena.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie