No Image Caption

Nuwe polisiehoof bekendgestel

President Hage Geingob het sy dank en waardering uitgespreek teenoor die nasionale polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, wat einde vandeesmaand aftree.

Ndeitunga word deur generaal-majoor Joseph Shikongo opgevolg wat vanaf 1 September oorneem.

Dit sal Shikongo se tweede bevordering in net meer as ’n jaar wees. Hy is van die Khomas-streekbevelvoerder bevorder tot die adjunk-inspekteur-generaal vir operasies en nou tot die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie.

Ndeitunga, wat onlangs sy 60ste verjaarsdag gevier het en wat vir 17 jaar die inspekteur-generaal van Nampol was, sien uit na sy aftrede.

Geingob het tydens hul besoek aan Staatshuis gesê tydens Ndeitunga se termyn is vele ernstige misdade doeltreffend bekamp. Hy het bygevoeg dat Ndeitunga gemis sal word, maar dat sy ondervinding steeds tot die Namibiese polisiehoofde se beskikking moet bly.

Die nasionale polisiehoof word op aanbeveling van die veiligheidsraad deur die president aangestel.

Kommentaar

Republikein 2025-04-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer