No Image Caption

Oshana wil ontslae raak van ongemerkte taxi's

Tuyeimo Haidula
Die polisie in die Oshanastreek wil verseker dat alle taxi’s duidelik gemerk is sodat hulle maklik uitgeken kan word wanneer dit in kriminele aktiwiteit gebruik word.

Volgens die polisie se bevelvoerder in dié streek, Naftal Lungameni Sakaria, sal dit help om dié voertuie wat gebruik word om van misdaadtonele te vlug, maklik te identifiseer.

Sakaria het Sondag die opmerkings gemaak tydens die amptelike opening van ’n driedaagse werkwinkel oor die vervoer van passasiers binne die munisipale of dorpsgebied wat in Ongwediva plaasgevind het.

ROOFTOGTE

Sakaria het gesê hulle het gekyk na die verskeie roofsake wat by die polisie aangemeld is en hulle het besef daar is geen stelsel om taxi’s in die noorde van die land te identifiseer nie.

“As jy ’n sedanvoertuig het en jy word een oggend arm wakker, dan kan jy maar op die pad gaan en sake begin doen. Mense loop en hulle klim in. Dit maak nie saak watter registrasie jy het nie. Dit gebeur van Orandjemund tot Oshakati,” het hy gesê.

Sakaria het gesê sodra die taxi’s gemerk is, sal dit help om misdaad te bekamp en onwettige bedrywighede in die noorde van die land te verminder.

“Die meeste van die taxi’s is ‘seerower-taxi's’ en hulle werk gedurende die nag. Ons mense word beroof deur mense wat hulle as taxi's voordoen, wat dit onmoontlik maak vir hulle om aangekeer te word aangesien die meeste van hulle in die nag werk. Dit weens die vrees dat hulle gedurende die dag gevang sal word,” hy het gesê.

Dit het volgens hom die polisie aangespoor om die ministerie van werke en vervoer te betrek en aan maniere te dink hoe hulle die omstandighede vir burgers kan verbeter. Hulle het tot die gevolgtrekking gekom dat daar ’n behoefte is dat taxi's binne die dorpe bestuur word.

Sakaria het gesê sodra taxi’s gemerk is, sal die polisie in ’n beter posisie wees om die kwessies binne die dorpe te takel.

WERKWINKEL EINDIG VANDAG

Die werkwinkel het beoog om bewustheid te skep oor die konsepwetsontwerp vir die vervoer van passasiers in dorpe veral met betrekking tot taxi’s.

Die uitreiking van permitte vir openbare vervoerders en die ontwikkeling van die bestuurstelsel vir voorvalle in die vervoer van openbare passasiers is ook tydens die werkswinkel bespreek.

Munisipaliteite en dorpsrade van al 14 streke het die werkwinkel bygewoon wat vandag tot ’n einde loop.

Sakaria het die plaaslike owerhede van Windhoek, Swakopmund, Keetmanshoop, Walvisbaai en Otjiwarongo bedank vir hul deelname aan die werkwinkel en om ook hul wenke vir die suksesvolle implementering te deel.

Sakaria het wel sy teleurstelling uitgespreek dat Ondangwa slegs een verteenwoordiger gehad het en Ongwediva nie by die werkwinkel teenwoordig was nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!