PAS IN: Meer as 400 verkeersboetes aan kus

Shaldon Johannes
Verkeerboetes van sowat N$1,45 miljoen in totaal is dié feesseisoen reeds aan die kus uitgereik.

Volgens die waarnemende hoofverkeersbeampte van die munisipaliteit van Walvisbaai, Clifton Jacobs, is meer as 400 verkeersverwante boetes uitgereik, waarvan 44 (N$352 000) vir dronkbestuur was.

Mondelingse en geskrewe waarskuwings is ook bestuurders en voetgangers uitgereik. Sowat 25 voertuie is as onpadwaardig verklaar.

Die kus het die vorige twee jaar weens Covid-maatreëls min besoekers ontvang. Vanjaar was daar egter ‘n stormloop en gevolglik baie probleme met bestuurders wat nie die wet nagekom het nie, volgens Jacobs.

“Ons het 24 uur elke dag gewerk. Die beamptes het hul bes gedoen om wet en orde aan die kus te handhaaf,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!