PAS IN: Vrou vasgetrek vir 'crystal meth'

Henriette Lamprecht
PAS IN: ’n Sestigjare Namibiese vrou is Maandag by die Ariamsvlei-grenspos in hegtenis geneem, nadat amptenare ses pakkies met vermoedelik kristalmetamfetamien (crystal meth) ter waarde van N$1,3 miljoen in haar besit gevind het.

Volgens die Namibiese polisie het die vrou omstreeks 22:00 vanaf Suid-Afrika Namibië binnegekom toe haar gedrag agterdog gewek het. Grensbeamptes het gevolglik 'n ondersoek gedoen en twee pakkies vermoedelik kristalmetamfetamien is gevind.

Die dwelmeenheid is ontbied en met die hulp van 'n vroulike NamRA-amptenaar is bykomende pakkies ontdek wat op haar liggaam was en in haar bagasie versteek was.

Daar is op altesaam ses pakkies van die vermoedelike dwelm beslag gelê wat 2 635 gram weeg. Die vrou is in hegtenis geneem en aangekla van die oortreding van die wet op die handel in verbode gevaarlike stowwe.

Kommentaar

Republikein 2025-01-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!