#PasIn: Anti-gay protes kan met ‘vrede inmeng’
Die inspekteur-generaal van Namibië se polisie, luitenant-generaal Joseph Shikongo, sê hy het rede om te glo dat die Koalisie van Kerke en Organisasies se beplande vreedsame protes teen selfdegeslag-huwelike op Vrydag "moontlik gevoelens van vyandigheid tussen verskillende seksies van die bevolking mag skep of die vrede, stabiliteit en interne veiligheid van die land mag versteur".
In 'n brief aan die koalisie vandag, erken Shikongo die grondwetlike reg van individue om vreedsaam en sonder wapens byeen te kom.
In die lig van sy kommer, het Shikongo hom egter beroep op die magte wat ingevolge die Wet op Openbare Byeenkomste aan hom toegeken is en opdrag gegee dat die vreedsame protes slegs kan plaasvind indien dit voldoen aan voorwaardes wat deur hom gestel is.
Versuim om aan hierdie voorwaardes te voldoen, sal as 'n kriminele oortreding beskou word, sê Shikongo.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie