#PasIn Twee broers verdrink in rivier
Twee broers, onderskeidelik vier en sewe jaar oud, is Saterdag dood nadat hulle glo in 'n rivier gegly en by Mayara-dorpie in die Kavango-Oos-streek verdrink het. Bonifatius Kanyetu, koördineerder van polisiemisdaadondersoeke, het die voorval, wat om 14:00 in die Mukwe-kiesafdeling plaasgevind het, bevestig.
Kanyetu het gesê die twee minderjariges is saam met hul suster, wat besig was om klere te was, rivier toe. "Hulle het op die oewer van die rivier gespeel toe hulle in die water gegly en verdrink het. Die soektog na die lyke het begin kort nadat die verslag by die polisie gemaak is. Die liggaam van die sewejarige is gevind en as Valentinus Haushiku Mangundu geïdentifiseer. Die liggaam van die jonger broer word steeds vermis,” het hy gesê. Die soektog na die seun se lyk duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie