No Image Caption

#PasIn: Vermeende stroper in been geskiet

Iréne-Mari van der Walt
'n Klag van poging tot moord is by die polisie aangemeld ná 'n man glo in die been geskiet is toe polisie- en bewaringsbeamptes van die omgewingsministerie drie verdagtes agtervolg het.

Die verdagtes het glo in verskeie rigtings te voet probeer wegkom en in die proses is waarskuwingskote glo afgevuur. Een van die skoté het klaarblyklik een van die verdagtes getref. Hy is na die hospitaal geneem en polisie het beslag gelê op die olifanttande wat die verdagtes glo gestroop het.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer