#PasIn: Verminkte babalykie gevind
Die liggaam van 'n pasgebore baba, sonder haar onderlyf en in 'n plastieksak toegedraai, is gister op Mururani in Kavango-Oos ontdek.
Volgens die polisie het 'n 26-jarige vrou klaarblyklik Vrydag tuis in die Mile 30-nedersetting geboorte aan ‘n ten volle ontwikkelde babadogtertjie geskenk. Sy was alleen in haar slaapkamer.
Sy het die baba toe glo in plastiek toegedraai en in die bosse weg van die huis gestort. Na bewering het sy daarna die baba verwyder van die plek waar sy haar gestort het en in 'n vlak graf 'n kort afstand verder begrawe.
Die oorskot is gister ontdek en na die Rundu-lykshuis vir ‘n nadoodse-ondersoek geneem om die oorsaak van haar dood te bepaal. Die vrou is vir mediese waarneming opgeneem en is nie in hegtenis geneem nie.
#RepNuus

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie