Ploftoestelle onskadelik gestel
Namibiese polisie laat toestelle ontplof
Vyf-en-vyftig geweergranate is gister langs die Kupferberg-pad gevind.
Gisternamiddag het die Namibiese polisie se plofstofeenheid vyf-en-vyftig 40 mm-geweergranate van Suid-Afrikaanse afkoms langs die Kupferberg-pad laat ontplof.
Volgens kommissaris Ismael Basson, streekbevelvoerder in die Khomasstreek, het lede van die Namibiese weermag hout gesoek en op die ploftoestelle afgekom. Hulle het dadelik die polisie in kennis gestel.
“Met ons aankoms het ons 22 geweergranate getel. Dit was te gevaarlik om hulle te verwyder en ons het besluit om dit op die toneel te laat ontplof. Ons het die brandweer ingeroep om by te staan as die veld dalk aan die brand sou slaan,” het hy gesê.
Nadat die eerste 22 ontplof het, het die polisie op nóg 33 afgekom wat deur die eerste ontploffing blootgelê is. Die polisie het dié toestelle ook laat ontplof.
“Ons vermoed iemand het die geweergranate langs die pad uitgegooi. Dit is baie gevaarlik omdat die toestelle kan ontplof as dit warm word soos in ’n veldbrand of deur onkundige mense hanteer word.
“Ek doen ’n beroep of almal wat onwettige wapens of ploftoestelle in hul besit het om dit by hul naaste polisiekantoor in te handig. Ons het tans weer ’n amnestietydperk vir die inhandiging daarvan. As jy gevang word met die wapens of ploftoestelle in jou besit nadat die amnestie verstryk het, sal jy in hegtenis geneem word en in die hof moet verduidelik hoekom dit in jou besit is,” het Basson gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie