Foto ter illustrasie/Iréne-Mari van der Walt
Foto ter illustrasie/Iréne-Mari van der Walt

Polisie hande in hare oor voetgangers se veiligheid

Iréne-Mari van der Walt
Altesaam 92 voetgangers is tussen 1 Januarie en 30 September vanjaar in ongelukke dood waarby motors betrokke was en 696 voetgangers is beseer.

Só het die woordvoerder van die Namibiese polisie, adj.komm. Kauna Shikwambi, Donderdag in ’n verklaring gesê.

Oshana het die meeste voetgangersterftes aangeteken met 15, terwyl die Ohangwena- en Kavanga Oos-streek elk 12 sterfgevalle aangemeld het.

Die Oshikotostreek het 11 sterftes aangemeld terwyl al die ander streke minder as 10 voetgangersterftes gerapporteer het.

Khomas is egter die grootste sondebok wanneer dit by beserings kom met 313 beserings, terwyl die Erongostreek 84 en die Oshanastreek 66 beserings aangeteken het.

Beide motoriste en voetgangers is aangemoedig om veiligheid voor oë te hou wanneer hulle die paaie gebruik.

Motoriste is herinner aan hul plig om ’n ongeluk aan te meld en om beserings vas te stel.

Die polisie skryf ’n toename in die gebruik van mobiele toestelle as ’n moontlike bydraende faktor tot hierdie kommerwekkende syfers toe en sê spoed is ook ’n rede tot kommer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!