Die Erongostreek se woordvoerder, inspekteur Ileni Shapumba. Foto Argief
Die Erongostreek se woordvoerder, inspekteur Ileni Shapumba. Foto Argief

Polisie in Erongo bedank die publiek

Kristien Kruger
Die Namibiese polisie in die Erongostreek het in ’n onlangse verklaring die publiek bedank vir hulle prysenswaardige optrede tydens die afgelope Kersvieringe en het ’n beroep op dieselfde gedrag gedoen tydens die komende Nuwejaarsvieringe.

“Ons bly daartoe verbind om ’n diens aan ons gemeenskappe te lewer sonder om iemand te intimideer of te dreig,” sê die streek se woordvoerder, inspekteur Ileni Shapumba, in die verklaring.

Die streekbevelvoerder het glo ook opdrag gegee vir die ontplooiing van hulpbronne om wet en orde te handhaaf, asook om alle persone in die streek te beveilig tot die einde van die feesseisoen.

“Ons wens diegene wat gaan reis ’n veilige reis na hul eindbestemmings toe. Laat ons almal verantwoordelik optree. ’n Gelukkige en voorspoedige 2024!”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!