PolisIe kan Israel nou vastrek

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Die ma van die negejarige meisie wat twee weke gelede deur haar eksman in Suid-Afrika by haar skool opgelaai en nie weer terugbesorg is nie, het ’n saak teen hom in Namibië geopen.

Volgens Namibiese polisie se nasionale woordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi, het Phia-Mari Maré in Windhoek ’n strafregtelike saak teen Israel Maré geopen, saaknommer CR613/10/204, wat hul dogter op 14 Oktober by haar skool opgelaai en intussen na Namibië gevlug het.

Phia-Mari het ook die hoërhof in Windhoek genader wat ’n hofbevel en ’n soekbevel vir haar eksman en lekeprediker van Nations Revival Ministries uitgereik het.

Shikwambi sê hiermee het Namibië nou die wetlike dokumente om Israel vas te trek wat volgens bespiegelinge hom saam met sy dogter op plase in die Kamanjab-omgewing bevind. Israel se ouers, Willem en Edith, boer op die plaas Arendsnes, sowat 40 km noord van Kamanjab.

Shikwambi het ook bevestig dat pa en dogter op 25 Oktober in die omgewing van Otjiwarongo gewaar is, maar het weer verdwyn.

Phia-Mari het in Suid-Afrika ook die land se hoërhof genader, wat ’n bevel uitgereik het dat Israel sy dogter aan sy gewese vrou in Suid-Afrika terugbesorg.

’n Lasbrief is gevolglik uitgereik op ’n aanklag van minagting van die hof toe hy die bevel verontagsaam het. Israel het Saterdag in ’n plasing op Nations Revival Ministeries se Facebookblad gesê hy sal rus nie voordat hy regmatige toegang tot al sy kinders het nie.

Die gewese egpaar het ook twee seuns, Samuel en David.

Hy het ook beklemtoon sy lewe is ’n lewende opoffering en om “hierdie net te laat gaan, sou beteken dat ek my rol as ’n pa laat vaar en in werklikheid maak ek van hulle weeskinders.” – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!