Die woordvoerder van die Namibiese polisie, adj.komm, Kauna Shikwambi. Foto argief
Die woordvoerder van die Namibiese polisie, adj.komm, Kauna Shikwambi. Foto argief

Polisie sal besighede help om kontant te vervoer

Iréne-Mari van der Walt
Die polisie het ’n beroep op sake-eienaars gedoen om met die kantoor van die inspekteur-generaal in verbinding te tree indien hulle hulp nodig het om kontant na en van die perseel van hul besigheid te vervoer.

Dit nadat twee gewapende rooftogte Maandag binne sowat ’n uur van mekaar in Windhoek en Swakopmund plaasgevind het. Die polisie kan in hierdie stadium nie bevestig of die twee voorvalle met mekaar verband hou nie.

Hulle kon egter bevestig dat die verdagtes met sowat N$430 000 in Windhoek op die vlug geslaan het en met sowat N$348 515 in Swakopmund.

Een verdagte is Dinsdagaand in die Hakahana-nedersetting naby Windhoek in hegtenis geneem en die voertuig waarin die verdagtes op die vlug geslaan het, is opgespoor.

’n Haelgeweer wat glo aan ’n veiligheidswag behoort wat na bewering met ’n geweer aangehou is, ’n rugsak met klere en ’n koeëlvaste baadjie en N$17 000 kontant is by dié verdagte gevind.

Die polisie het egter in ’n verklaring die publiek van hul veiligheid verseker en gesê die publiek hoef nie bekommerd te wees oor ’n herhaling van die voorvalle nie.

Die polisie het ook ’n beroep op die verdagtes en veral die jeug gedoen om die erns van misdaad te verstaan.

“Dit is nie ’n speletjie nie, maar ’n ernstige misdaad met ernstige gevolge en daarom, indien hulle betrokke raak, sal ons hulle hanteer,” het die woordvoerder van die Namibiese polisie, adj.komm. Kauna Shikwambi, in die verklaring gesê.

Shikwambi sê ook dat die polisie in die aanloop tot die verkiesing en die feesseisoen hul patrollies sal opskerp en het lede van die publiek aanraai om nie baie kontant saam met hulle te dra nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!