TO THE PEOPLE: Police in Oshikoto have embarked on a program to take police services closer to the people.
TO THE PEOPLE: Police in Oshikoto have embarked on a program to take police services closer to the people.

Polisie skeep glo landelike gebiede af

Woordvoerder ontken bewerings
Kritici bevraagteken die polisie se prioriteite op grond van die besteding van meer as N$20 miljoen aan twee projekte.
Kenya Kambowe
Die Namibiese polisie het bewerings dat sy prioriteite misplaas is, verwerp.

Dit volg op kritiek dat miljoene bestee is aan projekte soos kontrolepunte in plaas daarvan om meer geriewe in landelike gebiede te bou sodat mense nie honderde kilometers hoef te reis om die nodige dienste te bereik nie.

Onlangs is berig dat gemeenskapslede van die informele nedersetting Omboto in die Oshikotostreek sowat 118 kilometer moet aflê om toegang tot polisiedienste te kry.

Dit was net weke nadat die Namibiese polisie die nuutgeboude Oshiko-kontrolepunt op Ongwediva ingewy het wat ongeveer N$12 miljoen gekos het.

Die polisie het ook vroeër vanjaar ’n soortgelyke fasiliteit by Onhuno in die Ohangwenastreek ter waarde van sowat N$8 miljoen ingewy.

Kritici bevraagteken egter die polisie se prioriteite op grond van die besteding van meer as N$20 miljoen aan dié twee projekte.

“Daar is gemeenskappe wat nie toegang tot polisiedienste het nie, hulle moet honderde kilometers daarvoor aflê, maar ons het ’n regering wat meer as N$20 miljoen bestee aan twee projekte wat nie so belangrik is nie.

“Daardie kontrolepunte is al jare daar en hulle kan steeds hul mandaat uitvoer. Om egter daardie gemeenskappe af te skeep met geen polisiekantoor naby hulle nie, is net verkeerd,” sê ’n bron wat verkies om anoniem te bly.

Kritici meen dat polisiesigbaarheid in die gemeenskappe van uiterste belang is aangesien misdaad in die land hoogty vier.

BEWERINGS ONTKEN

Die Namibiese polisie se woordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi, het by navraag gesê die polisie weerlê die bewerings dat hulle landelike gebiede afskeep en voeg by dat pogings aangewend is om polisiesigbaarheid in gemeenskappe te verhoog.

Sy het ook gesê dit is duur om fasiliteite aan te bou, vandaar die instelling van teenmisdaadpolisieforums, soos die vroue- en mansnetwerk.

“Ek moet daarop wys dat die Namibiese polisiemag dienste aansienlik nader aan gemeenskappe landswyd gebring het.

“Daarom ontken ek die bewerings dat afgeleë gebiede afgeskeep word. Die polisie prioritiseer kapitaalprojekte en het sedertdien baie gedoen en bou voort waar daar ’n behoefte is in ooreenstemming met die beskikbaarheid van die begroting.”

Shikwaambi het verder ook beklemtoon dat die verskaffing van polisiëringsdienste nie goedkoop is nie.

“Dit kos baie geld om ’n polisiekantoor of polisiepos te bedryf en in stand te hou.

“Dit vereis fondse om hierdie fasiliteite in werking te hou, soos water en elektrisiteit, telefoonrekeninge, voertuie, brandstof, gevangenes se etes en die instandhouding van tegnologiestelsels.”

‘REEDS BAIE VERBETER’

Sy verduidelik verder dat die polisiemag verskeie pogings aanwend om dienste te verbeter en reeds baie in hierdie verband bereik het.

“Ek moet ook bevestig dat ons dienste aan die gemeenskappe tot dusver werklik verbeter het. Dit is miskien nie op die vlak wat ons wil wees nie as gevolg van sommige van die uitdagings wat ons in die gesig staar.

“Dit bly nietemin ons hoop om polisiëringsdienste nader aan alle gemeenskappe te bring.”

Shikwaambi het gesê dat gemeenskappe intussen aangemoedig word om teenmisdaadforums te stig asook telefoonnommers van polisiebeamptes van naby en ver te hê om in noodgevalle te bel.

Sy het ook ’n lys gedeel wat aandui dat die polisie die afgelope 10 jaar 146 projekte aangepak het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!