Polisie slaan toe op sluikhandel

Die polisie het Vrydag in Oshakati en Ondangwa toegeslaan op brandstofsmokkelaars en twee verdagtes in hegtenis geneem. By ‘n woning in die Uupindi-buurt in Oshakati is beslag gelê op 34 dromme van 25 liter elk en een 20 l-houer met brandstof ter waarde van ‘n geskatte N$14 000. Nog 23 leë 25-konkas was op die perseel asook ‘n leë 200 l-drom. Kontant van byna N$17 000 is ook gekonfiskeer. Een verdagte, ‘n 27-jarige man is in hegtenis geneem, terwyl ‘n tweede verdagte op die vlug geslaan het. Die klopjag in Ondangwa het in die Olunkono-buurt plaasgevind. Hier is ‘n 33-jarige man gearresteer. Net sowat N$500 se brandstof is hier gevind, asook N$3 610 se kontant en ‘n totaal van 90 leë houers.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!