Polisie stop vertoning ná klag van rusverstoring
Klagte van rusverstoring ontvang
Drag Night Namibia se vertoning deur sowat 18 beamptes stilgemaak.
Sowat 18 polisiebeamptes in uniform en ses tot sewe polisievoertuie het Saterdag om 21:10 by Cafe Prestige in die middestad opgedaag om die Drag Night Namibia-opvoering stop te sit.
Die polisie het glo ’n klag van rusverstoring van die publiek ontvang en opgetree.
Volgens me. Geraldine Ithana wat Saterdag se optrede bygewoon het, wou die polisiebeampte nie na haar luister nie.
“Ek het die polisie gesien, opgestaan en na die beampte geloop en gevra of daar fout is. Hy het gesê hulle het ’n klag van rusverstoring ontvang. Ek het gesê ons kan die musiek sagter stel as die musiek te hard is. Hy was glad nie geïnteresseerd in wat ek te sê gehad het nie en wou net weet of ek een van die organiseerders is. Ek het hom na Lize Ehlers verwys en hy is soontoe.”
Sedert November 2021 word Drag Night Namibia elke eerste Vrydag en Saterdag van die maand in die middestad aangebied. Die organiseerders het ’n permit wat musiek tot 22:00 toelaat en ook ’n dranklisensie tot 23:00.
Dis nie die eerste keer dat die polisie by Drag Night Namibia opdaag nie. Die vorige keer het die polisie egter net na die lisensie en permitte gekyk en die gehoor herinner om hul maskers te dra voordat hulle weer vertrek het.
Die polisiebeampte het na Ehlers toegegaan en sy het hom ingelig Cafe Prestige beskik oor die nodige lisensies en permitte en dat sy hulle vir die polisie kan wys. Sy het ook daarop gewys dat die permitte en lisensies tot onderskeidelik 22:00 en 23:00 geldig is en gevolglik word geen wette oortree nie.
“Maak die musiek stil of ek sal ’n voorbeeld voor al hierdie mense van jou maak,” het die polisiebeampte glo vir Ehlers gesê.
“Hy het gesê hy sal haar skootrekenaar en platejoggie (DJ)-toerusting konfiskeer en haar ’n boete van N$4 000 per luidspreker gee,” het een van die kunstenaars wat teenwoordig was, gesê.
“Ek persoonlik, sowel as talle van die mense wat daar was, voel dit was ’n aanval op die gemeenskap en op dit wat ons doen.”
Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinsp. Elifas Kuwinga, moet die polisie op elke klagte van rusverstoring reageer.
“Al het jy ’n permit, as daar ’n klag gelê word, moet ons optree en die oortreder(s) stilmaak. Wanneer ons dit nie doen nie, is die probleem volgende keer dalk erger.”
Volgens hom maak dit nie saak watter tyd van die dag dit is nie.
“As die bure agtuur die oggend raas, kan jy die polisie bel ’n klag maak en ons sal uitkom en die oortreders stilmaak.”
Nie een van die twee polisiebeamptes van die stadspolisie het teen druktyd op vrae gereageer nie of hul selfone beantwoord nie. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie