Polisie stuit dagga-optog
Die Namibiese polisie (Nampol) weier om toestemming te gee vir ’n optog teen die kriminalisering van die besit van dagga wat vir 10 Desember beplan word.
Volgens Nampol kan die optog nie voortgaan nie aangesien buitelanders genooi is om deel te neem.
“Die beoogde optog mag [. . .] nadelig vir die soewereiniteit en integriteit van Namibië, nasionale veiligheid, openbare orde, ordentlikheid en moraliteit wees, as gevolg van die betrokkenheid van buitelandse deelnemers uit Suid-Afrika en Europese lande wat na Namibië kom spesifiek vir die uitsluitlike doel om aan die optog deel te neem.
“Dit is onder meer gegrond op die agtergrond hierbo dat u beoogde optog nie mag voortgaan nie,” lui die amptelike brief van die kantoor van die polisiehoof, inspekteur-generaal Joseph Shikongo.
Die aansoek om toestemming vir die optog is aanvanklik op 2 Julie namens die organisasie Ganja Users of Namibia (GUN) ingedien en deur GUN se sekretaris-generaal, Borro Ndungula, onderteken.
Nog ’n aansoek is vroeër vandeesmaand ingedien. Luidens die aansoek wil GUN saam met die Rastafari United Front (RUF) die vreedsame optog hou om Namibiërs bewus te maak van die hofsaak in die hoërhof in Windhoek wat die grondwetlikheid van die wette teen die besit van dagga uitdaag.
“Aangesien die dagga-saak internasionale aandag trek, sal betogers van so ver as Suid-Afrika en Europa kom om deel te neem. GUN verwag dat 1 000 mense aan die optog sal deelneem,” het die aanvanklike aansoek gelui.
In die tweede aansoek om die optog te hou, doen GUN ’n beroep op die regering om “op te hou om dwelms selektief toe te laat aangesien sekere groot winkels en apteke in Namibië vrylik cannabis-produkte sonder vervolging verkoop, maar elke dag word daggagebruikers in hegtenis geneem”.
Ndungula en GUN se president, Brian Jaftha, is albei by die grondwetlike uitdaging in die hof betrokke. Jaftha sit egter vir twee jaar reeds agter tralies nadat ’n plaaslike landdroshof hom verlede jaar skuldig bevind het op ’n klag van dwelmhandel (dagga).
Jaftha is glo in 2018 in die besit van 97 g dagga betrap. Meer onlangs het Jaftha nog ’n aansoek by die hof aanhangig gemaak nadat personeel van die korrektiewe dienste sy rastalokke in die tronk afgesny het.
Die optoggangers eis verder ook dat Jaftha uit aanhouding vrygelaat moet word.
Ndungula veg ook teen aanklagte waarop hy teregstaan in die Windhoek-landdroshof wat verband hou met die beweerde besit en handel van dagga. Sy volgende hofverskyning is op 6 Desember.
Volgens hom het Nampol hom aanbeveel om weer toestemming vir die optog te vra, op voorwaarde dat buitelanders nie betrokke moet wees nie.
“Dit maak nie sin nie. Ons sal met ons prokureurs praat. Wat die inspekteur-generaal doen is teen die wet. Voorheen het ons optogte in Swakopmund, Windhoek, Rundu, Oshakati en Keetmanshoop gehou met baie buitelanders wat betrokke was. Ek praat van mense soos Angela Prusa en Thau-Thau. Ek weet nie hoe hierdie mense as gevaarlik bestempel kan word nie,” het Ndungula gesê.
Prusa, wat in Europa woon, is die stigter van die Hemp Assocation of Namibia, en het al by verskeie geleenthede, tot op parlementêre vlak, navorsing ingedien om die regering te probeer oortuig om dagga te dekriminaliseer. Thau-Thau Haramanuba is ’n bekende Suid-Afrikaanse Rastafariër-aktivis en president van die Rastafari United Front van die buurland.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie