Foto ter illustrasie/argief
Foto ter illustrasie/argief

Polisie vra stilte terwyl skoliere leer

Iréne-Mari van der Walt
Die Namibiese polisie het verlede week in ’n verklaring inwoners gevra om bedagsaam te wees teenoor leerlinge wat vanjaar vroeër hul eindeksamens sal moet aflê weens die verkiesing wat op 27 November plaasvind.

“Dit is nodig om te verseker dat leerlinge in stil omgewings kan studeer en konsentreer en in staat sal wees om op hul beste te kan presteer,” lui ’n verklaring deur die Namibiese polisie se woordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi.

Lede van die publiek is daaraan herinner om alle verkope van alkohol aan minderjariges aan te meld en ouers is gevra om nie hul kinders te stuur om alkohol te koop nie.

Die organiseerders van groot geleenthede is ook gevra om harde musiek te beperk.

Die publiek is ook onder meer daaraan herinner dat speelkaarte en domino’s weens sekere regulasies nie in openbare plekke soos parke en sypaadjies toegelaat word nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!