Polisiehoof maan 'aanhitsers'
Die polisie sal geen verdraagsaamheid toon teenoor diegene wat ander tot geweld aanhits weens hul eie menings oor die afgelope nasionale verkiesing nie.
Só het die hoof van die Namibiese polisie, inspekteur-generaal Joseph Shikongo, Maandagoggend tydens ’n mediakonferensie in die hoofstad gesê.
“Daar is mense wat na die situasie in Mosambiek verwys en sê kom ons maak soos in Mosambiek. Vrede is baie soet, en as ons dit verloor het, het ons dit verloor en sal ons almal slagoffers wees,” het hy gesê.
Shikongo meen egter Namibiërs kan steeds hul demokratiese reg uitoefen, maar dat die wet in gedagte gehou moet word.
“Ons doen ’n beroep op lede van die publiek om hul demokratiese reg binne die perke van die wet uit te oefen.
“Daarom sal gewelddadige optrede, intimidasie of bedreigings vir openbare veiligheid en sekuriteit onder geen omstandighede geduld word nie,” sê hy.
Die polisiehoof, wat voorheen in die Kongo, Angola, Soedan en Lesotho gedien het, sê hy respekteer die hof se magte en sê vrede is noodsaaklik vir die hof om tot sy beslissing te kom.
“Waar vrede afwesig is, is daar geen geregtigheid nie. Jy kan net geregtigheid hê waar daar vrede is.
“As daar nie vrede is nie, sal die hof nie operasioneel wees nie. Jy kan nie polisiekantoor toe gaan om ’n saak te open nie, want daar is nie vrede nie.
“Ons kan net polisiekantoor en hof toe gaan wanneer ons ’n omgewing van vrede en stabiliteit het,” het hy gesê.
“Dit was nie lank gelede toe daar oorlog in ons land was nie – wil ons regtig teruggaan na daardie ou dae?
“Daar is mense wat sê hulle is bereid om wapens te kry – dis maklik om te praat, maar as dit by die daad kom, is dit ’n ander storie.
“Ons doen ’n beroep op ons mense om kalm te bly terwyl die howe doen wat hulle moet doen,” sê Shikongo.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie