Adjunk inspekteur-generaal van operasies Genl. Maj. Elias Mutota, en die inspekteur-generaal van Nampol, lt.genl. Joseph Shikongo, was teenwoordig by die opening van die slypskool.
Foto Nampol
Adjunk inspekteur-generaal van operasies Genl. Maj. Elias Mutota, en die inspekteur-generaal van Nampol, lt.genl. Joseph Shikongo, was teenwoordig by die opening van die slypskool. Foto Nampol

Polisielede leer meer oor kommunikasie

Nampol bied opleiding aan woordvoerders
Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie wil hê polisiebeamptes moet goeie verhoudings met gemeenskappe handhaaf.
Augetto Graig
Die Namibiese polisie (Nampol) het Maandag ’n slypskool begin om gemeenskapspolisiëring en openbare verhoudings op te skerp.

Die inspekteur-generaal van Nampol, lt.genl. Joseph Shikongo, het by die geleentheid by die nasionale polisiehoofkantoor in Windhoek gesê: “Hierdie slypskool kon nie op ’n beter tydstip gekom het nie, aangesien ons in ’n era lewe waar die media ’n belangrike rol in beide privaat en openbare instellings speel.”

Hy sê beamptes verantwoordelik vir kommunikasie moet dus hul pligte in terme van inligting, onderrig, en bevordering van die polisie se beeld, asook die handhawing van goeie verhoudings met gemeenskappe, nakom.

Hy sê die doel van die slypskool is om vaardighede op te skerp sodat polisiewoordvoerders hul pligte meer doeltreffend kan verrig.

Ander onderwerpe wat die week onder die soeklig sal kom, sluit in die bekendmaking van inligting soos dit ingesamel word; die deel van inligting uit die streke; om inligting oor voortgesette ondersoeke te deel; vryheid van spraak, toegang tot inligting en die veiligheid van joernaliste; die belangrikheid van televisie- en radio-onderhoude; skryfvaardighede en -tegniek; openbare verhoudingstrategie; en media-etiek.

Van beamptes in die streke bemoeid met gemeenskapsake word veral verwag om publieke vertroue te handhaaf en te bevorder deur daaglikse interaksies, “sonder om te veel weg te gee,” sê Shikongo.

Nampol se hoofwoordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi, het by die geleentheid gesê die sukses van die polisiemag hang af van die vaardighede en kundigheid van beamptes.

Sy sê inligting moet doeltreffend gekoördineer en eenvormig gedeel word.

“Die opleidingslypskool sal help om deelnemers te ontwikkel en om eenvormigheid in terme van pligte oor openbare inligting te vestig,” sê sy.

Kenners wat genooi is om die slypskool aan te bied, sluit onder meer James Matengu van Nampol se spesiale tak in, asook hoofinspekteur Manfried Jatamunua en Namibian Sun se redakteur, Toivo Ndjebela.

Ander kenners sluit in Anthony Williams Auchab, Sinvula Mudabeti, en Anna Nicodemus.

“Die insameling, versorging en sifting van inligting wat in die agtergrond gebeur, word gewoonlik nie raakgesien nie en dit is juis dié gebied wat die belangrikste is en kundige ontwikkeling benodig.

“Soos ek altyd sê, 'n boodskap word nie net ingeneem vir wat jy sê nie, maar dit is net so belangrik hoe jy dit sê,” het Shikwambi beklemtoon.

Die slypskool eindig môre.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!