Protes nie gratis in Namibië
Burgers moet vooraf die polisie inlig, betaal
Plaaslike wetskenners en opposisie-politici sê die praktyk van die polisie om geld vir protesoptredes te vra, ondermyn Namibiërs se vryheid om te betoog.
Die Namibiese polisie (Nampol) vereis betaling voordat ’n protesoptog goedgekeur word.
In Windhoek en Rehoboth is onderskeidelik N$450 en N$400 op verskeie geleenthede deur verskillende groepe betaal voor hul protesoptrede kon voortgaan.
In die geval van die groep ontevrede inwoners van Okahandja se nedersettings wat verlede maand met ’n bus tot in Windhoek gereis het om vir die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, mnr. Erastus Uutoni, se ingrype te smeek, het Republikein ’n afdruk van die betaalbewys van N$450.
Altesaam N$400 is ook betaal vir die optog wat môre in Rehoboth beplan word, waar taxi-eienaars van langafstandvoertuie teen taxibestuurders van sewesitpleksedanvoertuie sal betoog.
Die Landless People’s Movement (LPM) se nasionale woordvoerder, mnr. Eneas Emvula, sê wetstoepassers pas die diens onoordeelkundig toe, teen sowat N$800 vir twee ure se begeleiding, soos die party onlangs vir Swakopmund se tussenverkiesingsveldtog betaal het.
Een kenner is egter ontevrede met dié polisiepraktyk.
Me. Toni Hancox, direkteur van die Regshulpsentrum (LAC), het in Mei vanjaar ’n nuusverklaring uitgereik om Nampol te herinner dat die reg om vreedsaam te betoog deur artikel 21 van die Grondwet gewaarborg word.
Gevra oor die heffing, sê sy: “Die feit dat die polisie geld vra is absoluut ongehoord en verregaande. Geen voorsiening is op enige plek gemaak, wat ons kon vind, om dit toe te laat nie. Ek glo dit is onwettig,” het sy gesê.
Volgens Hancox vra die polisie geld vir iets wat reeds deel van hul pligte is; die beheer van 'n skare by ’n vreedsame betoging.
“En as die betogers dit nie kan bekostig nie? Is dit dan net die rykes wat kan betoog om kommerwekkende kwessies uit te lig? Dit is ’n skending van die basiese vryheid om vreedsame optogte te hou, om vrywillig te assossieer en die reg om ’n invloed op die beleid van die regering te hê,” sê sy.
“Dit is absoluut belaglik in ’n grondwetlike demokrasie. Wat is volgende? Sal ons ook moet bydra om die koste te dek elke keer as ’n polisiebeampte die verkeer moet beheer as die verkeersligte buite werking is?” wou sy weet.
Die leier van die Popular Democratic Movement (PDM), mnr. McHenry Venaani, het vlugtig gereageer.
“Dis ’n onwettigheid wat onaanvaarbaar is,” sê hy.
Die PDM se sekretaris-generaal, mnr. Manuel Ngaringombe, sê die party is bewus van die polisiepraktyk en dit word as verkeerd beskou. “Hulle is staatsamptenare en burgers is die belastingbetalers wat reeds vir hul dienste betaal. Dit is ’n soort intimidasie en wys dat die regering nie geld het nie ten spyt van die geld wat van belastingbetalers ingevorder word.
“Dit is ’n reg om ’n optog te hou en dit moet gerespekteer word. Hulle beperk mense se regte,” sê hy.
Adj.komm. Kauna Shikwambi, die nasionale polisiewoordvoerder, sê egter die tesourie het reeds in 2018 toestemming gegee vir die aanpassing van tariewe vir Nampol-dienste aan privaat instansies en ministeries.
“Met betrekking tot betogers is dit kragtens die Wet op Openbare Byeenkomste no. 23 van 1989 'n vereiste om die polisie in kennis te stel van hul voorgenome protesoptrede.
“Die Grondwet beskerm Namibiërs om hulself uit te druk deur ’n protesoptrede of betoging te hou. Sulke protesoptrede en betogings moet net vreedsaam geskied en nie inbreuk op die regte van ander maak nie.
“Jou regte eindig waar myne begin, en wedersydse respek word altyd vereis. Die polisie het ’n verantwoordelikheid om wet en orde by elke betoging te monitor en te handhaaf. Waar hierdie betogings polisiebegeleiding en spesiale of buitengewone polisiedienste vereis, sal die tesourie se instruksies van toepassing wees, dus moet elke betoger gehoorsaam wees,” sê sy.
Verder sê sy dat alle protesoptredes of optogte volgens prosedure moet geskied.
“Lede van die publiek, of instansies, wat kies om hul regte deur middel van 'n betoging uit te oefen, moet by die stasiebevelvoerder van hul naaste polisiekantoor aansoek doen, wat op hul beurt die reëls sal verduidelik.
Openbare byeenkomste, protesoptrede en betogings waarvoor nie aansoek gedoen word nie, sal as onwettig beskou word, en die polisie het die reg om in te gryp soos nodig,” waarsku sy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie