Reuse-vonds dwelms in Desember
Die sowat 300 ton dagga waarop die polisie in Desember beslag gelê het, is "niks nuuts" nie. Die woordvoerder van die Namibiese polisie, adj.komm. Kauna Shikwambi, het gereageer op 'n verklaring van die polisie wat sê dit het tussen 1 en 31 Desember op 308 004,7 kilogram se dagga beslag gelê. Dit sou beteken dat die polisie daagliks ’n gemiddelde vonds van nagenoeg 10 ton dagga moes maak. Indien al 126 verdagtes wat in verband met dwelmklagte in hegtenis geneem is ook in die besit van dagga was, sou elkeen gemiddeld net meer as 2 444 kg dagga in hul besit gehad het.
Die wet op die misbruik van afhanklikheidproduserende middels en rehabilitasiesentrums van 1971 sê dat ’n aanname gemaak sal word dat iemand in dagga handel indien hulle in die besit van 115 gram se dagga gevind is.
"Dit is ’n oneindigende rede tot kommer," het Shikwambi erken toe sy oor die reuse-syfer genader is. Die waarde van die gekonfiskeerde dagga is deur die polisie op N$3 080 047 beraam.
"Om by die totale kilogram van die dagga te kom, het ons al die gramme van al die streke bymekaargetel en wat 'n totaal van 308,004,7 kg gegee het. Ons het toe die totale kilogram vermenigvuldig met N$10 wat die straatwaarde per gram is wat die waarde sal gee van N$3 080 047,00, (sic.)" lui ’n boodskap van die verantwoordelike polisiebeampte wat deur Shikwambi gedeel is.
ANDER DWELMS
Die polisie verklaar in hul dwelmverslag vir Desember dat hulle op 10 031 tablette mandrax beslag gelê het. Wanneer hierdie deur die 126 verdagtes gedeel word wat in hegtenis geneem is, lewer dit ’n gemiddeld van nagenoeg 80 tablette elk. Die polisie sou elke dag op gemiddeld 323 tablette moes beslag lê. In die geval van die 8 859 gram kokaïen wat die polisie as sy vonds vir Desember verklaar, sou elk van die 126 verdagtes wat in hegtenis geneem is, onder die aanname dat hulle almal in die besit van kokaïen gevind is, gemiddeld net meer as 70 gram in hul besit moes gehad het. Dit beteken ’n gemiddelde vonds van net meer as 285 gram per dag in Desember.
Die polisie sê ook dat hy in Desember op 307 eenhede crack-kokaïen beslag gelê het. Dit beteken gemiddeld net minder as 10 eenhede crack-kokaïen is daagliks in Desember deur die polisie gevind.
VERDAGTES
Altesaam het die polisie 126 verdagtes in hegtenis geneem in verband met dwelms. Uit die groep is 118 Namibiërs, vier Angolese, een Suid-Afrikaner, twee Zambiërs en een Tanzaniër.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie