GENERAL: The Inspector-General of the Namibian Police Joseph Shikongo. Photo Nikanor Nangolo
GENERAL: The Inspector-General of the Namibian Police Joseph Shikongo. Photo Nikanor Nangolo

Shikongo kritiseer bevelvoerders se leierskap

Nikanor Nangolo
Kommer oor die beweerde onvoldoende leierskapsvaardighede onder stasiebevelvoerders en die swak toestande van polisiekantore oraloor die land is onlangs deur die Namibiese polisie se hoof, inspekteur-generaal, Joseph Shikongo, uitgespreek.

Shikongo het sy bekommernisse gedeel by die amptelike opening van ’n vyf dae lange opleidingskursus vir die ontwikkeling van leierskap, wat deur sowat 49 stasiebevelvoerders van al 14 streke bygewoon is. Die geleentheid het Maandag by die Ngandu Lodge op Rundu plaasgevind.

Hy het die dringende behoefte aan verbeterde leierskap beklemtoon, veral op C-vlak, en gesê dat swak leierskapsvaardighede die algehele prestasie van die polisiemag belemmer.

“Stasiebevelvoerders, julle is die bestuurders van julle polisiekantore. Julle moet jul lede, misdaadsituasie en ontplooiingsplan ken. Die streekbevelvoerder kan nie altyd teenwoordig wees nie, veral in binnelandse gebiede,” het hy gesê.

Shikongo meen verder dat polisiekantore se kommunikasie ook moet verbeter.

“Daar was ’n geval toe die streekbevelvoerder van Zambezi beplan het om 80 tot 100 gevangenes na die Grootfontein Korrektiewe Dienste oor te plaas sonder om met ander streke te kommunikeer. Ons het ontdek dat Omega 1 net drie gevangenes gehad het, so ons het gereël dat sommige gevangenes daarheen geskuif word,” hy het bygevoeg.

Shikongo het beklemtoon dat die kursus daarop gemik is om C-klas-stasiebevelvoerders se kapasiteit, vermoëns en strategiese denke te verbeter. Volgens hom word stasiebevelvoerder aangestel om die streekbevelvoerder te ondersteun.

SWAK TOESTANDE VAN KANTORE

Hy het ook die kommerwekkende toestand van polisie-infrastruktuur uitgelig en daarop gewys dat talle polisiekantore in ’n swak toestand is.

“Ek het verskeie kantore besoek waar ek onvoldoende geriewe, ’n gebrek aan behoorlike verblyf en algemene verwaarlosing waargeneem het. Ek het eerstehands die uitdagende omstandighede waaronder ons beamptes werk, aanskou.

“Kantore soos Okangoro en Epembe het nie noodsaaklikhede soos heinings en behoorlike akkommodasie nie, wat nie net die doeltreffendheid van ons bedrywighede belemmer nie, maar ook die moraal van ons beamptes beïnvloed,” het hy gesê.

Shikongo het bygevoeg dat dit die verantwoordelikheid van die streekbevelvoerders is om die welstand van polisiebeamptes in die streke te verseker.

“Hulle moet gereeld die kantore besoek, die toestande assesseer en onmiddellike stappe doen om enige kwessies te takel.”

Shikongo het die toewyding van die stasiebevelvoerders geprys om voort te gaan om hul pligte onder sulke moeilike omstandighede uit te voer.

As deel van sy verbintenis tot die verbetering van die polisiemag, het Shikongo onderneem om voort te gaan met sy besoeke aan verskeie polisiekantore om te verseker dat vordering gemaak word en kwessies getakel word.

Hy het verder planne vir die ontwikkeling van infrastruktuur en opknappingsprojekte aangekondig.

“Ons doen stappe om hierdie infrastruktuurkwessies te takel. Opknappingsprojekte is reeds in verskeie streke aan die gang en ons is daartoe verbind om te verseker dat al ons polisiekantore toegerus is met die nodige geriewe om ons beamptes in staat te stel om hul pligte doeltreffend uit te voer,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A #N/A #N/A