Shikongo-ondersoek vorder
Die ondersoek vorder na die ongeluk waarin die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, lt.genl. Joseph Shikongo, einde verlede jaar betrokke was en wat die lewens van drie mense geëis het.
Die ongeluk het op 30 Desember op die Ondangwa-Oshikango-hoofpad naby die Iindangungu-nedersetting in die Oshanastreek gebeur. ’n Saak van strafbare manslag en roekelose bestuur is op dieselfde dag teen Shikongo geopen.
Volgens die waarnemende inspekteur-generaal, generaal-majoor Elias Mutota, is ’n ondersoekspan ook dadelik saamgestel wat gelei word deur komm. Nikolaas Kupembona, die polisie se huidige streeksbevelvoerder vir Erongo.
Mutota het verwys na die polisie se mandaat om onder meer enige oortreding of beweerde oortredings soos volgens die Polisiewet te ondersoek. Iets wat hy as waarnemende inspekteur-generaal ewe bekwaam is om toe te sien dat dit uitgevoer word.
Met verwysing na die ondersoek teen Shikongo sê Mutota sommige verklarings is reeds afgeneem. Die voertuie betrokke in die ongeluk is ook deel van die ondersoek totdat die ondersoekspan tevrede is met die ondersoek van die bewyse.
“Die oomblik wanneer die ondersoek gefinaliseer is, sal die saakdossier vir oorweging aan die aanklaer-generaal voorgelê word om te besluit op vervolging al dan nie,” het Mutota gesê.
Sou ’n besluit geneem word om Shikongo aan te kla, sal dit deur die gewone hofproses gaan.
Hy het ’n beroep op die publiek gedoen om geduldig en kalm te bly en nie by “openbare aanklagte op sosiale media” betrokke te raak nie.
“Die polisie is ’n instelling wat ’n grondwetlike mandaat het en gevestig is. Die uitvoering van sy mandaat sal nooit deur individue beïnvloed word nie.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie