Studie plaas ‘onwettige’aanhouding in die kollig
Getalle oorskry Afrika se gemiddeld
Die implikasies van die bevindinge met betrekking tot polisiebeamptes se opleiding en praktyke is tydens 'n vergadering bespreek.
Sowat 185 uit elke 100 000 Namibiërs is glo in voorverhoor-aanhouding.
Dis veel hoër as Afrika se gemiddeld van 33,7 per 100 000 van die bevolking.
Dié bevinding is gemaak in ’n studie deur die Namibiese Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (Nust) wat daarop gemik was om ongegronde, en moontlik onwettige, aanhouding by drie polisiekantore in Windhoek, naamlik Wanaheda, Katutura en Otjomuise, te ondersoek.
Dié studie is gedurende Junie, Julie en Augustus verlede jaar uitgevoer en het bevind dat 199 polisiedossiere aan die polisie terugbesorg is met bevele vir die beskuldigde se onmiddellike vrylating.
“Die meeste van die redes vir vrylating was die aanklaers se besluite om nie te vervolg nie weens ’n gebrek aan prima facie-bewyse. Dit wil sê die aangehoudenes kon nie met die beweerde misdaad verbind word nie.
“Dit het 25% van alle sake uitgemaak, terwyl die aanklaers se aanwysings aan die polisie om ’n skulderkenningsboete aan die verdagte uit te reik, 43,7% van alle sake uitmaak,” lui ’n verklaring wat Nust uitgereik het.
Nust het sy bevindinge van die studie op 16 Januarie tydens ’n vergadering met lede van die Namibiese polisie se navorsingseenheid asook amptenare van die kantoor van die aanklaer-generaal by die Windhoese landdroshof voorgelê.
MOONTLIKE GEVOLGE
Na aanleiding van die studie se gevolgtrekkings is die implikasies van die bevindinge in normatiewe terme en met betrekking tot polisiebeamptes se opleiding en praktyke bespreek.
“Die grootste kommer wat geopper is, het betrekking op die bevinding dat nagenoeg 50 burgers gedurende die tydperk van drie maande weens arrestasie aangehou is, hoewel hulle nie verbind kon word met die misdaad wat in die dossier aangeteken is nie.”
Die bevindinge voorspel dat hierdie getal, wat oor drie maande geneem is, ná ’n kalenderjaar sowat 200 gevalle in Windhoek alleen sal beloop.
“Benewens die feit dat elke saak ’n geval van menseregteskending verteenwoordig, kan enige van daardie sake aanleiding gee tot siviele aanspreeklikheid van die staat met hoë finansiële koste wat die staatskas kan laat bloei,” het die hoofondersoeker, dr. Stefan Schulz, die adjunkdirekteur in die departement sosiale wetenskappe onder die fakulteit van handel, geesteswetenskappe en opvoedkunde, gesê.
Diegene wat die vergadering bygewoon het, het die impak van die bevindinge op menseregte erken.
Hulle het egter ook beklemtoon dat dit – wat gesien kan word as ’n vlek op die werk van die polisie – baie meer ingewikkeld word as ’n mens kyk na die sistemiese uitdagings van die strafregstelsel en uitdagings wat die Namibiese polisie in die gesig staar.
“Die polisiemag wat oorwerk en onderbeman is, is uitgelig as faktore wat die aantal foute wat voorkom, sowel as die gehalte van ondersoeke, direk beïnvloed,” lui die verslag.
Die verslag wys ook verder daarop dat die deelnemers aan die vergadering afgesluit het met ’n belofte om die bespreking voort te sit sodra ’n tegniese verslag, wat in Maart 2025 verwag word, uitgereik is.
NAVORSINGSPROJEK
Die studie is uitgevoer as deel van ’n navorsingsprojek getiteld “Rethinking Pre-Trial Detention in Namibia” wat in 2022 begin het.
Die studie het ook verskeie gevolgtrekkings gemaak rakende ander kwessies, insluitend die menseregte-aspekte van voorverhoor-aangehoudenes, kriminogeniese risiko’s en behoeftes van die gevangenes voor of tydens die verhoor, beroepstres wat ervaar word deur polisiebeamptes wat in hierdie omgewing werk en die houdings en persepsies van aanklaers tot voorverhoor-aanhouding.
Schulz en vyf studente wat as navorsingsassistente gedien het, het die studie uitgevoer.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie