Toergids sterf in ongeluk
’n Plaaslike toergids het die afgelope naweek tydens ’n rit met toeriste teen die kus, beheer van sy voertuig verloor en by ’n duin afgerol tot in die see waar hy vermoedelik verdrink het.
Chad Wratten (53) was alleen in sy voertuig terwyl sy passasiers – vyf toeriste – die omgewing per voet verken het. Die voorval het Vrydag tussen 08:00 en 10:00 by Sandwich Harbour, sowat 50 km suid van Walvisbaai, plaasgevind.
Volgens adj.komm. Erastus Iikuyu, die Namibiese polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, het die polisie daarin geslaag om Wratten se liggaam uit die voertuig te verwyder.
“Die voertuig is steeds in die water. Die liggaam is na die Walvisbaai-lykshuis geneem vir ’n nadoodse ondersoek,” het Iikuyu die naweek gesê.
Sy naasbestaandes, wat hoofsaaklik in Suid-Afrika woon, is van sy dood in kennis gestel.
DUINE ’N GEVAAR
Die voorval het gebeur slegs twee maande nadat een persoon dood en drie ander beseer is toe ’n voertuig by Duin 7 in Walvisbaai omgeslaan het.
Daar was vyf mense in die voertuig en die oorledene was ’n 13-jarige meisie. Die 21-jarige bestuurder het na bewering ’n ander voertuig gevolg toe sy voertuig op pad na die kruin vasgesit het. Die bestuurder het glo stilgehou en probeer om die voertuig uit die sand te kry, maar die voertuig het weens die los sand gegly, omgeslaan en teen die duin begin afrol. Die jong oorledene is uit die voertuig geslinger en is op die toneel dood verklaar.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie