Photo for illustrative purposes only. 
Photo: Nikanor Nangolo
Photo for illustrative purposes only. Photo: Nikanor Nangolo

Twee broers verdrink in rivier

Een seun se liggaam gevind
Die soektog na die vierjarige seuntjie se liggaam duur voort.
Nikanor Nangolo
Twee broers van onderskeidelik vier en sewe jaar oud is dood nadat hulle na bewering gegly en in die rivier verdrink het.

Die tragiese voorval het Saterdag by die Mayara-nedersetting in die Kavango-Oosstreek plaasgevind.

Die polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in die streek, Bonifatius Kanyetu, het die voorval bevestig en sê die verdrinking het omstreeks 14:00 in die Mukwe-kiesafdeling plaasgevind.

Volgens Kanyetu is die twee minderjarige seuns saam met hul suster na die rivier toe waar sy besig was om klere te was.

“Die seuns het op die oewer van die rivier gespeel toe hulle in die water gegly en verdrink het. Die soektog na hul liggame het begin kort nadat die voorval by die polisie aangemeld is,” het hy gesê.

Die sewejarige Valentinus Haushiku Mangundu se liggaam is reeds gevind en is na ’n lykshuis geneem vir ’n nadoodse ondersoek. Die soektog na sy jonger broer se liggaam duur voort. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!