Vermiste visser gevind
Veilig by die huis
Leandrea Mouers – Die visserman wat in ’n rubberboot naby Kaap Kruis rondgedobber het en aanvanklik as vermis aangegee is, is veilig.
Die polisie in die Erongostreek het bevestig Lisius Pendukani Nkandi is veilig aan land en reeds tuis.
Die Monarch-reddingspan het Maandag radiokontak met Nkandi gemaak. Hy was egter so ver noord dat lugondersteuning nodig was om hom te vind.
Die ministerie van visserye en mariene hulpbronne het gesê ’n vliegtuig is ontplooi om die soektog uit te brei. Hy was ’n bemanningslid van ’n vaartuig wat oorspronklik gestrand en geanker was en het gewag om na Nigerië gesleep te word.
Nkandi het die skip Sondag met ’n rubberboot sonder enjin en net met roeispane verlaat. Hy het na bewering al die proviand saam met hom geneem.
REAKSIE
Volgens Nkandi het hy nie die skip bloot verlaat nie, maar hy en die kaptein het glo ’n ooreenkoms aangegaan dat hy met die rubberboot na Walvisbaai sou terugkeer.
Die skip wat aan Majestic Industrial Supplies behoort is steeds naby Kaap Kruis gestrand weens enjinprobleme en wag om na Wes-Afrika gesleep te word. Die skip is al sedert begin Augustus daar.
Nkandi wat tydens die onderhoud en ondanks sy dae op die oop see in ’n vrolike bui was, sê hy het geen kos by hom gehad nie en moes op sy urine staatmaak om sy dors te les.
Hy sê hy is in diens van Hangana Seafood en was deel van die bemanning wat die skip na sy bestemming in Wes-Afrika vergesel het. Hy werk sedert 2004 in die visbedryf.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie