Vrou in die hospitaal ná voertuig haar tref
'n Vrou het ernstige beserings opgedoen nadat sy Saterdag by Mukekete langs die B10-hoofweg in die Kavango-Wesstreek deur 'n motor raakgery is.
Hoofinspekteur Raimbert Muronga van die polisie in dié streek het die voorval, wat omstreeks 12:30 plaasgevind het, bevestig. Dit was glo 'n leerlingsbestuurder agter die stuur van die voertuig en hy is tans in aanhouding.
Volgens Muronga was die bestuurder van 'n swart VW Polo van Nkurenkuru na die Ntara-dorpie onderweg toe hy 'n voetganger getref het wat die pad van noord na suid oorgesteek het.
"Die slagoffer, 'n volwasse vrou, het beserings aan haar linkerbeen en kneusplekke aan haar regterbeen en gesig opgedoen. Sy is na die Nankudu-hospitaal geneem en later na die Rundu-hospitaal oorgeplaas vir verdere behandeling," het Muronga gesê.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie