NUUSBREKER
NUUSBREKER

Vrou pleeg selfdood deur die see in te stap

Henriette Lamprecht
'n Vrou van Walvisbaai het vandag in die vroeë oggendure by Onafhanklikheidstrand naby die Wakuna-nedersetting in Walvisbaai die see ingestap en verdrink. Volgens veiligheidspersoneel van Rubicon Security Services wat by die Onafhanklikheidsvulstasie in die hawedorp gestasioneer was, het hulle gesien hoe die vrou wat naak was in die rigting van die see stap. Hulle het haar saam met 'n taxibestuurder gevolg wat haar reeds vanaf die Tutaleni-nedersetting agtergevolg het. Die polisie in Tutaleni is in kennis gestel wat omstreeks 01:30 die voetspore gevolg het waar dit vanaf die teerpad in die rigting van die see gelei het. Die 25-jarige Fabiolla Zondjembo se liggaam is gevind waar dit naby die strand gedryf het. Sy het nie 'n selfdoodbrief agtergelaat nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!