Vrou vermis sedert Mei

Kristien Kruger
Die Namibiese polisie (Nampol) versoek die publiek se hulp om ’n 38-jarige vrou op te spoor.

Loide Homateni Ithindi word deur die polisiemag in Wanaheda in die Khomasstreek gesoek.

Sy is laas op Vrydag 31 Mei naby die Wanaheda-kliniek gesien waar sy haar voertuig parkeer het.

Ithindi praat Oshiwambo, is lig van gelaat, het lang swart hare en bruin oë. Die voertuig wat sy ten tyde van haar verdwyning bestuur het, is 'n grys Volkswagen met die registrasienommer N237-318W.

Enige persoon met inligting kan konstabel Iithete Johannes by 061 209 6223 of Laina Ampadhi by 081 232 3699 kontak.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer