1 500 registreer met ou SWA-kaarte
Nuusredaksie – Sowat 1 507 individue het hul ou Suidwes-Afrika (SWA)-identiteitskaarte tydens die registrasieproses gebruik om in die komende nasionale en presidensiële verkiesings te kan stem.
Dit ten spyte daarvan dat die regering dié kaarte reeds in 2018 probeer uitfaseer het.
Volgens die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het altesaam 1 465 129 mense tydens die algemene registrasie van kiesers (GRV)-proses geregistreer. Dié syfer het sedertdien afgeneem en is na 1 451 444 hersien nadat die goedkeuringsproses 13 685 duplikaatinskrywings geïdentifiseer het.
Die registrasieproses het vereis dat stemgeregtigdes die nodige dokumente moet voorlê, soos ’n nasionale identiteitskaart (insluitend ’n SWA-kaart) of ten minste ’n geboortesertifikaat. In gevalle waar slegs ’n geboortesertifikaat aangebied is, is ’n beëdigde verklaring oor die persoon se nasionaliteit ook vereis.
Vrae is geopper oor hoe mense dit reggekry het om met die ou SWA ID’s te registreer as die regering dit reeds in 2018 uitgefaseer het. In verband hiermee het die ECN gister volgehou dat die aanvaarding van die ou SWA ID-kaarte in ooreenstemming met die kieswet is.
DUISENDE NOG IN GEBRUIK
Die kommissie se woordvoerder, De Wet Siluka, het gister aan Election Nexus gesê: “Die 2024-GRV is uitgevoer ingevolge die huidige Kieswet, no. 5 van 2014, soos gewysig.”
Die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit het ’n aanvanklike sperdatum van 2017 gestel, maar dit later tot 2018 verleng om SWA-kaarthouers meer tyd te gee om Namibiese ID’s te bekom.
Die kabinet het destyds die verlenging van die uitfasering van die ou SWA-identiteitsdokumente van 31 Maart 2017 tot 31 Maart 2018 goedgekeur.
Destyds het mediaberigte aangedui dat minstens 70 000 Namibiërs steeds die ou SWA-ID gebruik.
Die besluit om die SWA-ID uit te faseer is aangespoor deur die strewe om aan internasionale praktyke te voldoen wat die gebruik van slegs een tipe wettige ID binne 'n gegewe nasionale gebied aanbeveel.
Daar was ook kommer dat baie van die ou ID’s verkeerde persoonlike besonderhede van kaarthouers bevat het.
Meer as 1,1 miljoen van diegene wat geregistreer het, het ’n nasionale ID met ’n strepieskode daarop gebruik, terwyl 282 588 die nuwe ID's met ’n QR-kode gebruik het om hulself te identifiseer.
Sowat 45 180 mense het hul geboortesertifikate saam met ’n beëdigde verklaring gebruik, terwyl 1 909 hul geboortesertifikate en ’n bestuurslisensie gebruik het om hul identiteit te bewys. Statistieke toon ook dat 10 220 hul paspoorte gebruik het om te registreer.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie