7 000 handtekeninge of niks, is aan onafhanklike kandidate gesê
Nuusredaksie – Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het aspirant-onafhanklike kandidate vir die komende presidensiële verkiesing versoek om hulself te vergewis van die nodige vereistes om vir ’n plek op die presidensiële stembrief van November te kwalifiseer.
Die hoofvereistes is dat onafhanklike kandidate 7 000 handtekeninge van hul ondersteuners landswyd moet insamel, wat uit 500 geregistreerde kiesers per streek bestaan.
“Die voldoening aan hierdie vereiste vereis klaarblyklik gesamentlike pogings en tydige uitvoering van en deur alle aspirant-onafhanklike kandidate,” het die kommissie se hoofverkiesings- en referendumbeampte, Peter Shaama, in ’n verklaring opgemerk.
Met verskeie Namibiërs wat hul bereidwilligheid aangedui het om as onafhanklike kandidate te staan, het die kommissie herhaal dat hul ondersteuners geregistreerde kiesers moet wees.
ONAFHANKLIKE KANDIDATE
Onder diegene wat aangedui het dat hulle van plan is om as onafhanklike kandidate te staan, is die aktivis Rosa Namises, Lydia Kandetu van die Kunenestreek, sakevrou Ally Angula en vryskutjoernalis Frans Koolike.
“Dit spreek dus vanself dat die name wat aan die kommissie voorgelê moet word dieselfde moet wees wat op die kiesersregister verskyn. Aspirant-kandidate word hiermee ingelig dat die 2014-kiesersregister slegs geldig is tot 30 September 2024, die dag waarop die jongste kiesersregister in die Staatskoerant gepubliseer sal word,” het Shaama gesê.
“In die geval dat ’n lys vereiste kiesers (geregistreerde kiesers) na 30 September ingedien word, sal die kommissie dit verifieer teen die kiesersregister wat tydens die 2024-kieserregistrasie vervaardig is, wat na verwagting op 30 September in die Staatskoerant gepubliseer sal word,” het die ECN gesê.
Die benoemingstydperk vir onafhanklike kandidate sal vanaf 26 September tot 14 Oktober strek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie