Foto ter illustrasie/ECN
Foto ter illustrasie/ECN

91% van stemgeregtigdes registreer

Nikanor Nangolo
Sowat 152 472 stemgeregtigde kiesers is gedurende die laaste vier dae van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) se veldtog vir die algemene registrasie van kiesers geregistreer, wat vanaf 29 Julie tot 1 Augustus geduur het.

Teen 27 Julie het die ECN se data aangedui dat 1 315 124 kiesers geregistreer was uit 1 615 910 stemgeregtigdes.

Volgens ’n verklaring wat die ECN die afgelope naweek uitgereik het, het 152 472 op die laaste vier dae van die registrasietydperk – vanaf 29 Julie tot 1 Augustus – geregistreer – wat ’n gemiddeld van 38 002 geregistreerde kiesers per dag beteken.

Dit is die hoogste stempersentasie wat tot dusver aangeteken is vergeleke met die algehele stempersentasie wat weekliks aangeteken is sedert die aanvang van die registrasieveldtog.

“Dit bring die algehele aantal kiesers wat geregistreer is, beide binne die land en by Namibiese diplomatieke sendings in die buiteland, op 1 467 604 te staan. Dit verteenwoordig 91% van stemgeregtigde kiesers,” lui die verklaring.

Die ECN het sy dank aan al die geregistreerde kiesers uitgespreek en die belanghebbendes se ondersteuning wat die doeltreffendheid van veldtogte vir kiesersopleiding vanaf die aanvang van die registrasieveldtog verseker het.

“Die gesamentlike pogings van ons belanghebbendes om die kommissie se kommunikasie en strategie te ondersteun en te verbeter om kiesers te laat registreer, is van onskatbare waarde.”



VOORBEREIDING

“Volgens die 2024-verkiesingskalender sal die kommissie nou begin om registrasiespanne, beide plaaslik en internasionaal, te demobiliseer. Alle registrasiemateriaal en -toerusting sal ook aan die ECN se hoofkantoor terugbesorg word.

“Daarna sal die registrasiedata op die sentrale bediener opgelaai word en die proses vir die outomatiese vingerafdruk-identifikasiestelsel (AFIS) sal begin, asook die proses vir die verspreiding van data en die daarstelling van die voorlopige kiesersregister (PVR).”

Die PVR sal volgens die ECN op 29 Augustus in die Staatskoerant gepubliseer word en daar sal na bewering geleentheid wees om besware te geopper by spesifieke plekke wat nog aangekondig sal word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!