Michael Amushelelo Foto Facebook
Michael Amushelelo Foto Facebook

Amushelelo terug in rooi

Kristien Kruger
Die gemeenskapsaktivis Michael Amushelelo was veral verlede week in die nuus ná sy skuif terug na die Namibian Economic Freedom Fighters (NEFF).

Dit nadat hy die party verlaat het en by die Landless People’s Movement (LPM) aangesluit het.

Hy het na die LPM geskuif kort nadat die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) besluit het om NEFF vir die komende verkiesings te deregistreer. Dié besluit is egter in die hoërhof uitgedaag en omgekeer.

Te midde van sy skuif terug na NEFF en talle kritiek wat uitgespreek is met onder andere bewerings dat Amushelelo ’n “politieke prostituut” is, het hy ook op sy Facebookblad bekend gemaak dat hy en sy vrou skei.

“Dit is met ’n swaar hart dat ons die einde van ons huwelik aankondig. Ons het ons verhouding as vriende begin en ons bly vriende,” het hy oor die egskeiding met Julieta gesê.

Amushelelo het verlede Dinsdag aangekondig dat hy nie meer deel van die LPM se parlementêre lys wil wees nie – hy was nommer 31 op dié lys. Woensdag het hy weer by NEFF aangesluit.

“Om die dwase regering te flous, moes ons ’n narratief dryf dat dit ’n ernstige kwessie tussen my en NEFF was, sodat daar geen twyfel was dat ek enige planne het om na die party terug te keer as hulle herregistreer word nie,” het hy op Facebook gedeel.

Hy het verder gesê dat indien hy ’n “politieke prostituut” was, sou hy teruggaan Swapo toe waar die geld glo is.

Amushelelo het Donderdag met werkers van AVIC International, ’n Chinese maatskappy wat die pad na die lughawe bou, besoek.

Dié groep eis hul belastingterugbetalings en hul werkgewer het glo gesê hulle moet dit van die Namibië Inkomste-agentskap (NamRA) verhaal.

“Ons het versoek dat die werkgewer busse aan ons voorsien sodat ons NamRA toe kan gaan en hulle het geweier.

“Ons het dus saam met die werkers van hul kampplek gestap, wat sowat 35 kilometer van Windhoek af is.”

NEFF sou glo Vrydag ’n vergadering met die werkgewer, werknemers en NamRA gehad het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 21° | 24° Ruacana: 21° | 26° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 15° | 25° Omaruru: 18° | 28° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 19° | 29° Mariental: 22° | 31° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 33° Lüderitz: 17° | 24° Ariamsvlei: 28° | 39° Oranjemund: 16° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 30° Maseru: 19° | 32° Antananarivo: 15° | 30° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 35° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 19° | 24° Durban: 22° | 30° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!