LPM push-back ends in Amushelelo arrest.edited
LPM push-back ends in Amushelelo arrest.edited

Amushelelo (weer) in hegtenis geneem

Elizabeth Kheibes
Die aktivis en “die mense se generaal” is gister in hegtenis geneem, nadat die Landless People’s Movement (LPM) se jeugtak die ingang na die Universiteit van Namibië (Unam) se kampus versper het.

Dit volg nadat Swapo se jeugliga (SPYL) Vrydag byeenkomste op die hoofkampus gehou het. Dit ondanks ’n verbod op politieke aktiwiteite op Unam se kampusse.

Amushelelo wat saam met mede-LPM-lede by die universiteit opgedaag het, is verhoed om in te gaan en pamflette op die kampus te versprei.

Hulle het toe die universiteit se ingang versper deur in die pad te staan ​​en groot klippe in die weg van voertuie te plaas.

Volgens Unam se sekuriteit het SPYL “ingeglip” en is hulle nie op die kampus toegelaat soos beweer word nie.

Vrydag op sosiale media kon gesien word hoe die groep op die kampus rondbeweeg ondanks die verbod wat reeds in April in werking getree het.

Unam se woordvoerder, Simon Namesho, het aan Network Media Hub (NMH) gesê SPYL se lede wat deel was van die veldtog is gister vir ’n vergadering ingeroep.

Hy kon egter nie kommentaar lewer oor wat die uitkoms kan wees nie.

“Ons kan nie sê wat die gevolge van die studente se optrede gaan wees nie. Ons sal eers na die gedragskode moet kyk en as hulle buite daardie kode opgetree het, sal daar maatreëls wees wat ons sal tref.

“Die groep is vandag [Maandag] vir ’n vergadering ingeroep, maar dit is nog te vroeg om van ’n uitkoms te weet,” het hy gesê.

Die universiteit het in April ’n amptelike verbod op alle politieke aktiwiteite op die kampus uitgereik, ’n stap wat beskou word as ’n poging om ’n geleentheid van die Affirmative Repositioning Students Command (ARSC) te ontwrig waar sy aktivis Job Amupanda sou praat.

Alhoewel die ARSC aanvanklik probeer het om die verbod te ignoreer, het ’n sterk teenwoordigheid van sekuriteitsbeamptes by die lokaal die organiseerders gedwing om die geleentheid af te stel.

Die verbod is amptelik deur die universiteit se pro-visekanselier vir finansies en administrasie, Ellen Namhila, uitgereik.

Gister het die universiteit se Studenteraad (SRc) probeer om die situasie te ontlont deur LPM-lede na die pro-visekanselier se kantoor te vergesel. Tog is dit deur die polisie en senior Unam-personeellede gestuit.

Amushelelo is tans in polisie-aanhouding vir ’n klag van kwaadwillige saakbeskadiging en sy saak sal ondersoek word, volgens adjunkkommissaris Chrispin Mubebo van die Namibiese polisie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!