Aupindi bevraagteken Rooilyn-vleisverbod
‘Veeartesenykordonheining belemmer gelykheid’
Tobie Aupindi het die noodsaaklikheid beklemtoon om Namibië se markstrukture te hervorm om gewone burgers in informele nedersettings en landelike gemeenskappe groter toegang tot ekonomiese geleenthede te gee.
Teenstanders van die verwydering van die veeartsenykordonheining, ook bekend as die Rooilyn, beweer dikwels vleis uit die Noorde is ongeskik vir verbruik, ten spyte van noordelike inwoners en toeriste wat dit eet.
Só het die Swapo-parlementslid, Tobie Aupindi, in die Nasionale Vergadering (NV) tydens sy begrotingsbydrae gesê en bygevoeg Namibië kan nie voortgaan om twee ekonomiese stelsels – een vir die landelike armes en een vir die kommersiële rykes – te bestuur nie.
Volgens hom, as die kwessie oor die beskerming van die Europese vleismark gaan, moet die kwarantynproses en sertifisering drasties verbeter word. Sodra daardie voorwaardes nagekom is, moet boere toegelaat word om hul diere van kommunale na kommersiële gebiede te verskuif, hetsy vir kommersiële of persoonlike gebruik.
Aupindi het verder die noodsaaklikheid beklemtoon om Namibië se markstrukture te hervorm om gewone burgers in informele nedersettings en landelike gemeenskappe groter toegang tot ekonomiese geleenthede te gee.
“Namibië is dringend op soek na ’n radikale, alternatiewe oplossing wat geleenthede en hulpmiddels aan die gewone mans en vroue in die informele nedersettings of landelike gemeenskappe sal gee.
“Wat ons nodig het, is om die mark in sy institusionele kontek te hervorm sodat meer mense groter toegang tot meer markte het, nie net ’n eksklusiewe groep nie.
“Die Rooilyn is ’n voorbeeld daarvan. Ons het tydens die sewende parlementêre sitting in een van die staande komitees oor die Rooilyn gepraat,” het hy gesê.
“As ’n tussentydse maatreël voel ek ons moet radikaal wees en ondersoek instel of die noordelike boerregemeenskap in hul eie markaanvraag kan voorsien.
“As dit die geval is, moet ons ook verhoed dat vleis uit die kommersiële gebied in die kommunale Noorde verkoop word totdat die huidige diskriminerende stelsel totaal en al laat vaar is.”
ROOILYNSAAK
Dit volg nadat regter Shafimana Ueitele in die hoërhof in Windhoek ’n aansoek van die hand gewys het van die aktivis Job Amupanda wat ’n hofbevel gevra het vir die verwydering van die Rooilyn.
Ueitele het beslis dat Amupanda en sy regspan versuim het om voldoende bewyse te verskaf wat die beweerde diskriminasie wat deur die Rooilyn veroorsaak is, aandui.
Die regter het beslis dat hulle nie ’n lewensvatbare plan voorgelê het vir hoe die verspreiding van bek-en-klouseer beheer sou word indien die heining verwyder sou word nie.
Die uitspraak is ’n groot terugslag vir Amupanda, wat al lank ’n veldtog teen die Rooilyn voer en aanvoer dat dit teen noordelike boere diskrimineer deur hul toegang tot winsgewende beesvleismarkte in die Suide te beperk.
Hy het die uitspraak ’n “miskraam van geregtigheid” genoem en aangedui dat hy teen die beslissing in die hooggeregshof gaan appelleer.
STAANDE KOMITEE
Volgens die parlementêre staande komitee oor ekonomie en openbare administrasie moet die Rooilyn geherstruktureer word om boere in staat te stel om diere en vleisprodukte na markte suid van die Rooilyn te vervoer wanneer daar geen uitbrekings van bek-en-klouseer is nie.
Wanneer die NV die voorstelle van ’n staande komitee met of sonder wysigings aanvaar, moet die entiteit of minister van landbou, visserye, water en grondhervorming binne ’n tydperk van drie maande hieraan voldoen.
Die eerste van die bevindinge was dat die Rooilyn ontwerp is om ’n minderheidsgroep tot nadeel van ander te bevoordeel.
Die komitee het die gevolge en beperkings van die Rooilyn op boere in die noordelike en noordoostelike dele van die land ondersoek.
Dit het gevolg ná ’n klagskrif deur die Lisha Empowerment and Development-organisasie wat ’n beroep doen op die herlewing van markte vir lewende hawe vir noordelike kommunale boere.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie