D-dag vir politieke partye, kandidate
Sal onafhanklike kandidate aan streng keuringskriteria voldoen?
Die ECN sal môre vergader om nominasies vir presidensiële kandidate sowel as die land se aspirant-parlementariërs te oorweeg.
Politieke veldtogte is in volle swang en verskeie onafhanklike kandidate het tot die presidensiële wedloop toegetree, aangesien politieke rolspelers meer as 1,4 miljoen kiesers wil oortuig om vir hulle in volgende maand se verkiesing te stem.
Maar voordat hulle tydens die Nasionale Vergadering en presidensiële verkiesings ’n plek op die stembrief kan verseker, sal hulle aan die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) se streng keuringsprosedures moet voldoen.
Onafhanklike kandidate het tot gister tyd gehad om hul aansoeke in te dien met die nominasiedag wat vir môre geskeduleer is.
“16 Oktober 2024 is vasgestel as die dag waarop die voorsitter van die kommissie ’n sitting sal belê vir die oorweging van nominasies vir presidensiële kandidate en lede van die Nasionale Vergadering van politieke partye en kandidate ingevolge die wet.
“Dit sal die laaste dag van nominasies wees wat deur die kommissie deur middel van ’n openbare sitting by die ECN se hoofkantoor byeengeroep sal word,” het die kommissie gesê.
Daar word van geregistreerde politieke partye vereis om ’n skriftelike lys van kandidate in te dien wat die name, geslag, kiesersregistrasienommers en woonadresse van nie minder nie as 32 en ’n maksimum van 96 kandidate bevat.
Wat onafhanklike kandidate betref moet hul nominasie ingedien word met ’n kwitansie wat bewys dat N$10 000 deur of namens die kandidaat in die staatsinkomstefonds inbetaal is en ’n lys van 7 000 kiesers wat die nominasie van sodanige persoon ondersteun.
Met meer as vyf individue wat aangedui het dat hulle as onafhanklike kandidate vir die presidensiële verkiesings sal staan, word verwag dat vanjaar se verkiesings die meeste onafhanklike kandidate ooit oplewer.
Onder diegene wat in die openbaar aangedui het dat hulle van plan is om as onafhanklike kandidate te staan, is aktivis Rosa Namises, Lydia Kandetu van die Kunenestreek, die sakevrou Ally Angula en vryskutjoernalis Frans Koolike.
Weens die bykomende administratiewe hulpbronne wat benodig word, het die ECN gesê hy het ’n toegewyde hulptoonbank by sy hoofkantoor gevestig om alle onafhanklike kandidate en politieke partye wat van voorneme is om in vanjaar se nasionale verkiesings mee te ding, te help met die nominasieproses.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie