‘Die demokrasie word bedreig’
LGBTQ-konsepwette voorgelê
Henning Melber, Politieke kenner: "Dit blyk om die grootste toets vir Namibië se politieke stelsel te wees sedert onafhanklikwording."
“Ons behoort almal bekommerd te wees wanneer ’n parlementslid sê hulle sal die Grondwet “regmaak”. Dit gee te kenne dat elke keer wanneer die regering nie met ’n bepaling in die Grondwet saamstem nie, hulle dit net kan wysig.
“Dit is ’n aanval op die balans tussen die drie arms van die regering en op die regbank.”
Die direkteur van die Regshulpsentrum (LAC), Toni Hancox, het dít gesê in reaksie op die Nasionale Vergadering (NV) se besluit om vandeesweek twee wetsontwerpe te aanvaar wat selfdegeslaghuwelike verbied en slegs huwelike tussen ’n man en vrou erken. Dié twee wetsontwerpe is binne dae in die parlement ter tafel gelê.
“Ek glo ook dat die bespreking in die parlement uiters oneerbiedig was en nie almal se reg op waardigheid in ag geneem het nie; ’n grondslag van ons Grondwet. Die bespreking is deur ’n gelaggery onderbreek,” het Hancox gesê.
Die onlangse herrie oor selfdegeslaghuwelike volg nadat die hooggeregshof in Mei beslis het dat die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit permanente verblyfpermitte aan gades in selfdegeslaghuwelike wat in die buiteland voltrek is, moet uitreik.
“Ek deel die kommer dat die reaksie op die hooggeregshofuitspraak onder wetgewers en sommige lede van die publiek nie net ’n teken van homofobie is nie, maar ook vernederende haatspraak ontketen. Dit is ook minagting van die hooggeregshof en plaas die oppergesag van die reg in gevaar,” het die politieke kenner, prof. Henning Melber, gesê.
Melber wys ook daarop dat die hooggeregshof in die spesifieke saak, in die “gees en waardes” van die land se Grondwet beslis het.
“In plaas daarvan om trots te wees om ’n onafhanklike regbank te hê, word die huidige inisiatief in die NV goedgekeur – nie net deur Swapo nie, maar ook talle parlementariërs van opposisiepartye. Dit dreig om ’n wesenlike en fundamentele element van Namibië se grondwetlike demokrasie af te breek en is ’n kommerwekkende teken van die verval in politieke kultuur.”
TOETS VIR NAMIBIË
Melber is bekommerd as die NV die wetsontwerpe sou aanvaar, dit die land se mense sal verdeel.
“Dit sal inderdaad Namibië se demokrasie en die oppergesag van die reg in gevaar stel. Die gevolge sal rampspoedig wees wanneer dit kom by internasionale geloofwaardigheid, insluitend dié van potensiële beleggers wat ’n sterk belang het in ’n funksionerende en gerespekteerde regstelsel.”
“Dit blyk om die grootste toets vir Namibië se politieke stelsel te wees sedert onafhanklikwording,” meen Melber.
Hy het ook gesê hy hoop dat genoeg lede van die NV die risiko’s sal raaksien, hulle bekommernisse sal uitspreek en bereid sal wees om die oppergesag van die reg te verdedig.
“As hulle nie daarin slaag om te verhoed dat hierdie wet gewysig word nie, sal Namibiërs moet vra wie en wat volgende kan wees om die grondwetlike beginsels en die ingeligte gesag van die hooggeregshof om hieroor te beslis, in te kort.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie