ECN benodig N$60 miljoen
Ter voorbereiding van 2024 se verkiesings
Die Verkiesingskommissie van Namibië moet 7 850 beamptes aanstel, oplei en ontplooi; en benodig 1 500 voertuie tydens die algemene veldtog om kiesers te registreer.
Met ’n tekort van N$60 miljoen sal die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) verskeie uitdagings ter voorbereiding van die komende presidensiële en nasionale vergaderingverkiesings in 2024 moet oorkom.
Volgens die Speaker, prof. Peter Katjavivi, is ongeveer N$422 miljoen vir die 2023-’24-boekjaar aan die ECN toegeken.
Ongeveer N$60 miljoen sal aan personeeluitgawes bestee word, terwyl die oorblywende N$362 miljoen geoormerk is vir ander uitgawes, insluitend om op die algemene kiesersregister te fokus.
“Die kommissie neem kennis, en waardeer die begrotingstoekenning, maar dit moet in ag geneem word dat die tekort van N$60 miljoen ’n negatiewe impak op die voorbereiding en uitvoering van die algemene kiesersregister sal hê,” sê hy.
Katjavivi sê die algemene kiesersregistrasie; navorsing oor kiesers-apatie en ’n afname in kiesersdeelname; en opnames oor die openbare persepsie van die kommissie, is kern om die verkiesings in 2024 uit te voer.
Uit die laaste verkiesings in 2019 en 2020 is geleer dat die mobiele stelsel vir kiesersregistrasie verbeter moet word, deur dit in ’n integrerende mobiele stelsel te omskep, wat die bestuur van die registrasie van kiesers, die registrasie van politieke partye, identifikasie en verifikasie kan integreer.
Daarmee sal die stemproses saam met uitslae en inligtingstelsels kan saamwerk, brei hy uit. Die nuwe stelsel moet vanjaar nog getoets word.
Verder beplan die ECN om bykomende mobiele stemstelsels, soortgelyk aan tabletrekenaars, te verkry. Daarmee saam moet die koste van die nodige bykomstighede, sagteware en die ontwikkeling van die integrerende stelsel se toep ook gedek word.
Die kommissie moet ook nog 7 850 beamptes aanstel, oplei en ontplooi, insluitend jeugambassadeurs, toesighouers, spanleiers, registrasiebeamptes, tegnici vir inligtingskommunikasie en administratiewe beamptes. Ses dae van opleiding word vir elke nuwe aanstelling beplan. Die beamptes sal vir ’n maksimum van 90 dae in die veld ingestuur word, waarvan 42 dae op die registrasie van kiesers bestee sal word.
Die ECN sal 1 500 voertuie benodig vir die algemene veldtog om kiesers te registreer. Die aantal voertuie wat die regering gratis sal kan voorsien, mag bydra dat die begrotingstekort minder is, sê Katjavivi. Voertuie sal gehuur moet word, as daar steeds ’n tekort is, sê hy.
Die kommissie moet ook in dié boekjaar verkiesingsbeamptes in al 14 streke aanstel.
Streekkantore moet gefinansier word om hul werk in terme van kiesersopleiding voort te sit. Permanente verteenwoordiging in die streke sal hierdie jaar versterk word, met die oog om in die toekoms vir infrastruktuur te begroot.
Katjavivi sê sonder sy eie kantore word die ECN se werk in die streke belemmer.
Volgens Katjavivi het die ECN aanvanklik vir ’n bykomende begroting van meer as N$330 miljoen gevra, maar het die aansoek na N$260 miljoen verlaag, om die totaal op N$422 miljoen te staan te bring.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie