Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het gister president Nangolo Mbumba by Staatshuis besoek. Foto Jemima Beukes
Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het gister president Nangolo Mbumba by Staatshuis besoek. Foto Jemima Beukes

ECN benodig nog sowat N$60 miljoen

Registrasieproses ‘word nie verleng’
Van die geteikende 1,6 miljoen kiesers in die land, het 1,18 ­miljoen tot dusver geregistreer.
Jemima Beukes
Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het gister aan president Nangolo Mbumba gesê die kommissie kort sowat N$60 miljoen vir ’n gladde kiesersregistrasie en nasionale verkiesingsproses.

Hoewel die ECN sowat N$269 miljoen geoormerk het om vanjaar se presidensiële en parlementêre verkiesings in November te fasiliteer, meen kommissarisse dit is onvoldoende.

Die ECN het tydens sy besoek aan Staatshuis ook gesê dat van die geteikende 1,6 miljoen kiesers in die land, het 1,18 miljoen tot dusver geregistreer.

Die ECN se voorsitter, Elsie Nghikembua, het gister gesê die bykomende geld is nodig weens die verandering in hul teiken wat aangepas is ná die bekendmaking van die sensusresultate.

“Die korrekte statistieke is versoek sodat ons aan die proses kan begin werk. In terme van ons statistieke maak dit regtig ’n verskil," het sy gesê.

Sy het verder daarop gedui dat die verandering in die getalle, nuwe uitgawes en onvoorsiene uitgawes veroorsaak het.

"Daar is normaalweg ’n begrotingshersieningsproses met die ministerie van finansies en staatsondernemings en ek dink dit sal in Augustus plaasvind. Dit was voldoende [die begroting], maar die statistieke is vrygestel nadat ons reeds van die registrasietoerusting bekom het en met die nuwe syfer, moes ons bykomende toerusting verkry,” het sy verduidelik.

GEEN VERLENGING

Sy het ook beklemtoon dat dit nie nodig is vir 'n verlenging van die registrasieproses nie, maar hulle kyk eerder na die versterking van hul veldtog om meer potensiële kiesers te lok.

“As ons die registrasietydperk verleng, beteken dit ons kan nie die verkiesing op 27 November 2024 hou nie. Daar was ook geen direkte versoek van die politieke partye dat ons die registrasietydperk verleng nie.

“Ná die registrasietydperk publiseer ons die voorlopige kieslys en die wet is baie duidelik dat die verkiesing gehou moet word 90 dae vanaf die dag wat die voorlopige kiesersregistrasie gepubliseer is.

"Dit is dus nie ter sprake nie – ons gaan nie ’n verlenging gee nie,” het sy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-08-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 26 vs 45 Airlink Pumas Premier League: Liverpool 2 vs 0 Brentford | Wolves 2 vs 6 Chelsea | Bournemouth 1 vs 1 Newcastle LaLiga: Rayo Vallecano 1 vs 2 Barcelona | Mallorca 0 vs 0 Sevilla | Villarreal 4 vs 3 Celta Vigo | Atletico Madrid 3 vs 0 Girona | Deportivo Alaves 0 vs 0 Real Betis | Leganés 2 vs 1 Las Palmas | Real Madrid 3 vs 0 Real Valladolid SerieA: Hellas Verona 0 vs 3 Juventus | Cagliari 1 vs 1 Como | AS Roma 1 vs 2 Empoli | Napoli 3 vs 0 Bologna | Torino 2 vs 1 Atalanta | Fiorentina 0 vs 0 Venezia European Championships Qualifying: Swansea City 1 vs 1 Cardiff City English Championship: Swansea City 1 vs 1 Cardiff City #N/A Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 19.81 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 17.84 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 133.48 | USD to AOA 904.54 | USD to BWP 13.28 | USD to EGP 48.61 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1591.15 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1828.84 Down -1.06% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13878.4 Down -0.38% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30363.15 Up +0.76% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9622.52 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 505.43/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.18/lb DOWN -0.02 | Zinc US$ 2 891.30/T DOWN -0.18% | Brent Crude Oil US$ 78.58/BBP DOWN -0.0147 | Platinum US$ 927.55/OZ DOWN -0.0324 #N/A