ECN brei uit oor toekomsplanne
Papierstembriewe nog tot 2027 ingebruik
Die Verkiesingskommissie het gister sy strategiese plan bekend gestel, waarin hy beoog om 100% kieserdeelname teen 2026-'27 te bereik.
Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het gister sy strategiese plan vir die volgende vyf jaar by die Safari Hotel in Windhoek bekend gestel.
Volgens die ECN se voorsitter, me. Elsie Nghikembua, beoog die kommissie om teen die 2026-’27-boekjaar 100% kieserdeelname te bereik.
Sy het uitgebrei oor die gebruik van elektroniese stemmasjiene (EVM’s) wat nie vir die komende vyf jaar beplan word nie.
Sy sê die ECN kyk nog na die moontlikheid om dié masjiene te gebruik, maar voor ’n produk nie opgespoor kan word wat ’n betroubare oudit-papierspoor (VVPAT) vir kiesers kan lewer nie, sal Namibiërs steeds stembriewe moet invul.
“As ’n kommissie ondersoek ons steeds die moontlikheid om stemme elektronies uit te bring, maar vir die implementering van dié strategiese plan sal ons fokus op die gebruik van stembriewe,” het sy gesê.
Die uitvoerende hoof van die ECN, mnr. Theo Mujoro, het uitgebrei oor uitdagings wat die kommissie se bedrywighede kniehalter en in die nuwe plan aandag sal geniet.
Dit sluit beperkte onafhanklikheid van die instelling in, veral ten opsigte van finansies wat nog deur die ministerie van finansies goedgekeur moet word.
Die ECN beplan om die relevante wetgewing te wysig om met hierdie en ander kwessies te help. Daarvoor word ’n wetsontwerp voorberei om die bestaande Verkiesingswet nr. 5 van 2014 te vervang. Voorstelle vir die nuwe wetsontwerp kan skriftelik teen 18 Augustus by die ECN se kantoor ingedien word. Die kommissie beplan ’n nasionale slypskool oor die voorgestelde wetsontwerp kort ná die sperdatum.
Ander kwessies sluit in die verwarring oor grense tussen kiesafdelings, waarvoor die ECN ’n span by die grensafbakeningsproses wil laat insluit.
Verder noem Mujoro die gedragskode vir politieke partye en politici, veral in verkiesingstyd, word nie altyd nagekom nie. Spesifiek wat finansiering betref, vind politieke partye dit moeilik om aan die gedragskode te voldoen.
Die ECN wil die gedragskode hersien en seker maak dit word toegepas. Daarvoor sal die nuwe wetsontwerp ook help, deur toesig aan relevante instansies, soos die ouditeur-generaal toe te ken, brei hy uit.
Bykomende doelwitte wat die ECN in sy nuwe plan uiteensit, sluit in die versoening van die stem- en uitslagproses.
Tydens die komende algemene kiesersregistrasie wat vir 2024 beplan word, wil die kommissie verbeter tot 1,6 miljoen geregistreerde stemgeregtigdes en 1,75 miljoen kiesers registreer teen die einde van die daaropvolgende spesiale registrasieproses.
Mujoro sê die plan is sedert April van toepassing, hoewel dit eers vandeesweek amptelik bekend gestel is.
Benoemings vir onafhanklike kandidate sluit eerskomende Donderdag (30 Junie), terwyl politieke partye tot 2 Julie het om hul benoemings in te dien. Opleiding vir stembeamptes sal vanaf 6 tot 8 Augustus plaasvind, terwyl agente vir politieke partye hul opleiding op 4 en 5 Augustus sal ontvang.
Ná die voltooiing van die aanvullende registrasie van kiesers vir die komende tussenverkiesing, is byna 37 000 kiesers op die register gelys. Die finale stemregister sal vanaf 27 Julie by die ECN se kantoor vir hersiening beskikbaar wees. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie